Taegrin-sleepdood: Polisie het nie behoorlike prosedure gevolg nie

Taegrin Morris

Taegrin Morris

Die aanklagte teen ʼn verdagte in die Taegrin Morris-saak is terruggetrek omdat die polisie nie die behoorlike prosedure gevolg het nie, het die Reigerpark-gemeenskap Vrydag gehoor.

Die vierjarige Taegrin is in Julie vanjaar dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is.

“Ons het vinnig met staatsaanklaer Henk Strydom vergader en hy het verduidelik dat polisiebeamptes nie die behoorlike prosedure gevolg het nie,” het Hein April, gemeenskapsleier, aan mense gesê wat buite die hof gesit het. “Chantel [Taegrin se ma] het hom positief uitgeken as die persoon wat ʼn vuurwapen teen haar kop gehou het, maar die polisie het nie hul werk behoorlik gedoen nie.”

Dit is nie dadelik duidelik wat by die polisiestasie gebeur het nie.

Die Boksburg-landdroshof het Vrydag aanklagte teen die verdagte Thamsanqa Twala teruggetrek. Staatsaanklaer Matshediso Moleko het gesê die staat het besluit om die aanklagte terug te trek. Landdros E Magamba wou by haar weet of die staat alle aanklagte terugtrek, wat sy beaam het. Moleko het nie redes verskaf waarom die staat dié besluit geneem het nie. Klik hier om meer te lees.

Die hofverrigtinge het minder as twee minute lank geduur.

Ontstoke ondersteuners en familielede het in die hof begin skree en na die landdros en staatsaanklaer gewys en geskree: “Genoeg is genoeg! Nee Man!”

Twala was nie in die hof nie.

April het die gemeenskap versoek om kalm te bly. “Ek hoor mense sê ons moet die polisiestasie gaan afbrand, maar ons gaan nie dit doen nie. Dit is ons polisiestasie. Kom ons probeer om die polisie te help en die diens op te knap,” het hy gesê.

Klik hier om vorige berigte oor Taegrin Morris te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

BEE, BEE, BEE aanstellings.
Ek dog ek vrees die polisie elke dag, EK vrees ALS wat BEE is. TROTS ANC TROTS.

Estelle ·

BBBEE gaan SA op sy kniee dwing en SA gaan nie weer kan herstel word nie!

Nina ·

Liewe hemel! Raak van die idiote in die Polisie ontslae! Nee, magtig man!!

Ghost ·

En dan wil hulle weet hoekom die publiek geregtigheid in hulle eie hande wil neem. Jy kan nie die onbevoegdheid en korupte polisie vertrou en op hulle staat maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.