Tafelberg bloedrooi vir Vigsdag

Tafelberg sal Donderdag met rooi ligte verlig word vir Vigsdag. Die ligte sal tussen 19:00 en 23:00 aangeskakel wees.

Foto: Jim Sher (Blyzz) - http://www.flickr.com/photos/blyzz/

“Kaapstad neem deel aan ‘n internasionale veldtog om die wêreld in rooi te hul,” het bronne gesê. “Die rooi-veldtog word in samewerking met internasionale handelsmerke uitgevoer om unieke rooigemerkte produkte te skep, waarvan 50% van die wins aan die wêreldfonds vir Vigsbekamping in Afrika aangewend sal word.

Kaapstad ontvang ook ‘n bydrae van die wêreldfonds en finansier tans HIV/TB-projekte vir 80 nie-regeringsorganisasies. Volgens bronne het die stad reeds sy jaarlikse doelwit om persone ouer as 15 jaar met meer as 4% in 2010/2011 oortref. Daar word beweer dat 558,623 toetse reeds op inwoners ouer as 15 uitgevoer vergeleke met 324,326 toetse in 2009/10.

‘n Lid van die stad se Burgemeesterskomitee vir Gesondheid, Lungiswa James, het inwoners van Kaapstad aangemoedig om hulself te laat toets vir Internasionale Vigsdag. “Die fokus vir hierdie geleenthede is om bewusmaking oor HIV en tuberkulose te kweek wat een van die hoofoorsake van sterftes is vir persone wat met HIV besmet is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.