Tafelberg-brand onder beheer gebring

(Foto: SANParks – Table Mountain National Park/Facebook)

‘n Brand wat Sondagmiddag op bo Moltenoweg, Oranjezicht op Tafelberg uitgebreek het, is onder beheer gebring.

SANParke Tafelberg het bevestig die brand was om 15:38 onder beheer, danksy meer as 100 brandbestryders van Tafelberg- nasionale park, NCC Wildfire, Volunteer Wildfire Services, die Working on Fire-spanne en vlieëniers en Kaapstad se brand- en reddingsdiens.

Maroela Media het vroeër berig die brand het net ná 13:00 bo uitgebreek. Grondspanne en lughulpbronne is ontplooi om te voorkom dat die brand na Tafelbergweg versprei.

Dit is nie bekend wanneer die Tafelberg-sweefspoor sy bedrywighede mag hervat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.