Tafelberg-brand: Só lyk beserings, omvang van skade

Die Tafelberg-brand is teen 13:30 Dinsdag in bedwang gebring. (Foto: SANParke)

Ses brandbestryders is beseer en nege mense hospitaal toe geneem vir rookinaseming weens die brand wat die naweek teen Tafelberg uitgebreek het.

Die brand is teen 13:30 Dinsdag in bedwang gebring, het Philip Prins, brandbestuurder van die Tafelberg Nasionale Park, gesê.

“Brandbestrydingspanne het hard gewerk en sal op die toneel bly om die veiligheid van die gebied te verseker en moontlike opvlammings oor die volgende paar dae te monitor.”

Die brand het Sondag naby die Rhodes-gedenkteken ontstaan. Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Dinsdag tydens ʼn besoek aan die Sentraal-brandweerstasie in Roelandstraat gesê dat altesaam 11 strukture oor die afgelope drie dae in die brand beskadig of vernietig is.

Dit sluit residensiële huise, ses kampusgeboue by die Universiteit van Kaapstad (UK), twee erfenisgeboue, waaronder die ikoniese Mostert se Meul en die UK se historiese Jagger-biblioteek, en die restaurant by die Rhodes-gedenkteken in.

Premier Alan Winde het Dinsdag die Sentraal-brandweerstasie in Roelandstraat besoek. (Foto: Alan Winde/Facebook)

“Die skade van hierdie historiese terreine is ʼn groot verlies. Maar ons kon ook talle historiese terreine en stukke grond op die berg red.”

Winde het sy dank uitgespreek teenoor diegene wat in die voorste linies gewerk en hul lewe op die spel geplaas het om die brand te blus. “Hul pogings is niks minder as heldhaftig nie.” Hy het ook die talle nieregeringsorganisasies, private ondernemings en inwoners bedank vir skenkings om die brandbestryders te ondersteun.

Brandbestryders van Working on Fire in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken. (Foto: Working on Fire/Twitter)

“Dit is ongelooflik hartroerend om te sien hoe ons as provinsie en stad in hierdie krisistyd saamgekom het om ons berg en erfenisterreine te red.”

SANParke het intussen ook die brandbestryders bedank. “Sonder die gesamentlike pogings van die 125 veldwagters van die Tafelberg Nasionale Park, die 170 brandweer- en reddingswerkers, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, personeel van die Stad Kaapstad, wetstoepassers en die vele vrywilligers kon die skade, so verwoestend soos dit was, veel erger gewees het,” het Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, gesê.

Daar is volgens SANParke se beramings minstens 600 ha grond in die Tafelberg Nasionale Park in die brand gestroop.

ʼn Onafhanklike ondersoek word volgens SANParke gedoen om die oorsprong en oorsake van die brand vas te stel en inligting in die verband sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

Die stadsbestuur kan nie hul hande in onskuld was nie. Lang gras en min aandag aan veiligheid rondom die buurt en kampus het die vlamme aangehelp plus vetes met die brandweer. Almal weet hoe sterk die wind in die Kaap waai en dat rondlopers orals uithang. Winde en die DA is nie die helde in die storie nie… Die UK is ‘n patetiese ploeter-spulletjie vol plakker-rakkers. Die dae van glorie is verby.

Ovelia ·

Wil ook dankie se vir alle helpers. Ons weet wt dt alles behels. Daarom wil ek he dat die boodskappe wt ek stuur ook volle aandag geniet. Di mense wt verantwoordelik was vir brandstigting moet hul straf kry

Jaco ·

Klomp koloniale goed is verwoes, so die skade is eintlik nie so groot nie. UCT se studente en akademici betoog dan al vir jare vir “decolonialisation of education” en ‘n hele rits ander anti-wit goed. Ek sien hulle koloniale biblioteek is ook verwoes. hulle is nou seker bly.

Jax ·

Dit maak my bloed kook van woede. Die volgende stap gaan sekerlik wees om daarop aan te dring om hulle grade te ontvang sonder om n boek oop te maak. Dis dan nou afgebrand en so “unfair”. Kry mos nou reeds al gratis huise, gratis kos, gratis krag, gratis water, gratis medies – o ja en gratis internet. Flippen belaglik! Niks word opgepas of waardeer nie want hulle kry als gratis en as hulle dit nie gratis kry nie, plunder en toi-toi mens tot daar ingegee word en weereens als gratis kry wat op die wenslys is. Wil nie werk om iets te bekom nie – wil net hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.