Tafelberg-lyk: Vrou se identiteit bekend

Charlotte Nikoi. Foto: Verskaf

Chris Nikoi, die man van Charlotte Nikoi wat op 21 Maart op die Platteklip-ravynroete op Tafelberg in Kaapstad verdwyn het, het Saterdag bevestig die ontbinde liggaam wat Dinsdagoggend op die berg gevind is, is dié van sy vrou.

EWN berig DNS-toetse het bevestig dat dit Charlotte (50) se liggaam is. Volgens die nuusagentskap sal Chris (57) vandag vanuit New York na Suid-Afrika vlieg.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou se liggaam is Dinsdag omstreeks 10:15 deur speurders van die provinsiale speurtak en wildbewaarders van SANParke gevind. Die liggaam is in die omgewing van die Platteklip-ravynroete gevind waar Charlotte, ʼn assistent-direkteur van Unicef, verdwyn het toe sy saam met haar man en een van hul drie dogters op 21 Maart (Menseregtedag) op die roete gaan stap het.

Charlotte het halfpad teen die berg op besluit om om te draai en terug te stap. Sy het met haar man en dogter afgespreek om hulle by die voet van die berg te ontmoet. Chris en hul dogter het verder opwaarts gestap, die kruin bereik en is later met die kabelkar af na onder, maar Charlotte was nie daar nie.

Chris het haar die volgende dag in Johannesburg as vermis aangemeld nadat hulle haar nie in Kaapstad of Johannesburg kon opspoor nie. Twee weke later het die gesin ʼn R50 000-beloning uitgeloof met die hoop om haar op te spoor.

Unicef het Saterdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat Charlotte se liggaam gevind is. “Ons almal by Unicef is baie hartseer oor hierdie nuus en betuig ons innige simpatie met haar familie. Charlotte was ʼn toegewyde kollega wat die afgelope 18 jaar van haar lewe gewy het aan die werk en waardes van die Verenigde Nasies. Haar warmte en volgehoue ondersteuning sal gemis word deur almal wat haar geken het,” lui die verklaring.

Unicef het ook die Suid-Afrikaanse owerhede bedank vir hul pogings om Charlotte op te spoor. “Ons versoek dat haar familie se privaatheid in hierdie baie moeilike tyd gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann Marx ·

Kom ons dink vir ‘n oomblik hieroor….jy en jou vrou en jou dogter gaan stap teen Tafelberg uit. Jou vrou wil omdraai…en jy laat haar? As sy omdraai omdat sy sleg voel of moeg is….is dit des te meer ‘n rede om haar te vergesel….jy en jou dogter kan op ‘n anderdag die berg kom uitklim. Dan ry jy af met die kabelkar…en kry jou vrou nêrens nie. Nie op haar foon nie, nie by die hotel nie, nie by ‘n familielid nie, nie by vriende nie….nêrens nie. En wat doen jy dan? Jy vlieg 1800km Johannesburg toe en meld haar as “vermis” aan? Ek sou Kaapstad en daai berg nie vir een sekonde verlaat het nie…en ek sou 10 000 mense opgekommandeer het om te help soek. Sou jy nie?

Cherokee ·

En dan vlieg jy alleen terug en bevestig vanuit New York dat die lyk die van haar liggaam is en vlieg dae later terug.

Cherokee ·

Hy het Saterdag bevestig dat dit die lyk is van sy vrou maar hy vlieg vandag uit New York.

Cherokee ·

Óóó… somtyds doen ek ook foute soos hierdie herhalling… askies :-)

Allet Venter ·

Sjoe. Ek verstaan nie… jou vrou is vermis en jy gaan eers trrug Johannesburg toe en meld haar daar as vermis aan en nie in Kaapstad waar sy vermis is nie. Dan vlueg jy New York toe en gaan aan met jou lewe.
Hoe werk dit?

Ai ·

Mag sy in vrede rus, dalk was dit net n frats ongeluk. Ons is al so geneig om net altyd die ergste te dink.

Sterkte aan die gesin.

Domvraag ·

Wat is oorsaak van dood?
My vrou het ookal moeg geword en dan klim ek verder en sy wag onder vir
my want ek gaan nie weer die kans kry om die berg te klim nie.

Theresa ·

Wat was die oorsaak van haar dood? Indien enige misdaad – moet dit internasionaal wyd versprei word. Oorsee moet elke doodsberig te sien kry. Veral moord, verkragting, aanvalle, rooftogte. Als. Suid-Afrika moet geken word vir wat dit geword het.

NICKEY ·

Ek sal hom ondervra tot hy omdop…..ek ruik n groot stink Amerikaanse rot.

Lizl ·

Ek verkies dat ons plaasmoorde meer media dekking kry. Jammer, my simpatie le plaaslik, al is die voorval hoe tragies.

Juliet Drozdz ·

R.I.P. ! So Sorry our life has become one where our focus is no longer on God Almighty!!!!

Tanya ·

Dalk het hul baklei en daarom is sy die berg af. Of sy was n depressie lyer.
En ook die rede hkm hy haar in Jhb gaan soek het.
Dalk gedink sy het opgekom Jhb toe sonder om hom te se…

Priscilla O'Keafe ·

Oooooh look at all the experts, WHO WAS NOT THERE, AND CAN ONLY ASSUME, come out of the woodwork now!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.