Tafelberg-sterfte: Man nie vermoor

Argieffoto: Maroela Media

Argieffoto: Maroela Media

Die man wie se liggaam Sondag op ʼn staproete op Tafelberg gevind is, is nie vermoor soos aanvanklik vermoed is nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam is op die Kasteelspoort-roete aan Kampsbaai se kant van die berg gevind.

Volgens Traut het ʼn voorlopige ondersoek aanvanklik daarop gedui dat die man (57) met ʼn skerp voorwerp gesteek is, maar namate die ondersoek gevorder het, het die polisie besef dit is nie die geval nie. “Die man het vermoedelik geval en sodoende die noodlottige wond opgedoen,” het Traut gesê. “’n Geregtelike doodsondersoek is begin.”

Maroela Media het in Junie verlede jaar berig dat die liggaam van Henry Gerald Viljoen Harris (57) op Tafelberg gevind is nadat hy na raming sowat 200 m geval het. Nog ’n Kaapstadse man, Taro Spies (25), het in Mei op Tafelberg vermis geraak nadat hy vermoedelik gaan bergklim het en sy motor die volgende dag naby Tafelberg gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johny ·

Daar word baie geld uit toerisme verdien .Stel meer sekerheid personeel aan om alle toerisme pleke te beveilig.Ek glo as daar n sekerheids fooi ingestel word sal baie mense dit betaal sodat die stap roetes en wat ook al dan veilig is. bex force en ander veiliheids maatskappye glo ek sal te gewillig wees om te help

johny ·

Dit is hoekom ek bogenoemde voorstel.Is van die persone nie dalk moetswillig afgestamp of af gegooi nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.