Tafelberg te koop en Zuma se pos beskikbaar op Gumtree

Tafelberg te koop aangebied op Gumtree

Tafelberg te koop aangebied op Gumtree

Skermskote van die advertensies volg onderaan die berig. Een entrepreneur het besluit om Tafelberg te koop aan te bied op Gumtree vir sy “firepool” en ʼn ander gebruiker het pres. Jacob Zuma se pos adverteer.

Tafelberg is vir R900 miljoen te koop aangebied. Die gebruiker het voorgestel dat die koper dit in stukke sal moet verwyder. Hy het ook Kaapstad-stadion as ʼn bonus aangebied indien die transaksie vandag afgehandel word. Die advertensie is egter intussen verwyder.

gumtree zuma

President van Suid-Afrika se pos op Gumtree geadverteer

‘n Pos vir die President van Suid-Afrika is deur die gebruiker “Julius Malema” adverteer. Poligamie, verkragtingsondervinding en gevangenisstraf is glo voordelig vir die pos. Onder ‘salaris’ word aangedui die suksesvolle kandidaat het “ʼn blanko tjek” en kan sy eie salaris bepaal. Dié advertensie is ook intussen verwyder.

Tafelberg te koop aangebied op Gumtree

Tafelberg te koop aangebied op Gumtree

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.