Tafelberg: Vrou hang ure aan rotslysie toe sprong skeefloop

Die plek op Tafelberg (ongeveer 150 m links van Platteklip-ravyn) waar die vrou op 17 Maart 2016 ure lank aan haar valskermtou gehang het toe haar basissprong skeefgeloop het. Die kop in die agtergrond is Duiwelspiek (Foto: David Bruiners, AMS)

Die plek op Tafelberg (links van Platteklip-ravyn) waar die vrou op 17 Maart 2016 ure lank aan haar valskermtou gehang het toe haar basissprong skeefgeloop het. Die kop in die agtergrond is Duiwelspiek (Foto: David Bruiners, AMS)

ʼn 31-jarige vrou is Donderdag van Tafelberg gered nadat sy ure aan ʼn tou moes hang toe haar sweefskermsprong skeefgeloop het.

“Die Wes-Kaapse nooddienstehelikopster is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied,” het Vanessa Horn, woordvoerder van die Air Mercy-helikopterdiens, gesê. “Die vrou het ongeveer 09:00 die basissprong onderneem toe haar valskerm aan die rots vasgehaak het.”

Volgens Robert Daniels, woordvoerder van die departement, het die voorval links van Platteklip-ravyn plaasgevind.

Volgens Horn het die vrou ongeveer twee ure lank onderstebo aan ʼn rotslys aan een van die toue van haar valskerm gehang. Boonop het die winderige toestande begin vererger.

“Altesaam 10 reddingsbeamptes moes op die berg via die reddingshelikopter ontplooi word,” het Horn bygevoeg. Een van die reddingsbeamptes is ontplooi om die vrou se veiligheid op die berg te verseker terwyl ʼn toustelsel in plek gekry is om haar op te hys.

“Danksy wonderlike spanwerk is die vrou drie ure later tot bo-op die berg gehys waar die AMS-helikopter die pasiënt en reddingsbeampte van die berg gered het,” het sy verduidelik.

Die mediese span het die vrou ondersoek en sy het slegs ʼn geringe voetbesering opgedoen. “Sy het weggeloop van ʼn voorval wat baie maklik ʼn noodlottige ongeluk kon wees,” het Horn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

En wie betaal hiervoor? Die inwoners van Kaapstad? Dis nie regverdig nie? As jy kies om van ‘n berg af te spring met ‘n lap aan ‘n stuk tou…en jou plan werk nie, behoort jy ook die rekening te betaal vir gevolge van jou keuses.

Trix ·

Johann Marx, ek verstaan nie jou redenasie nie. So as ‘n brand by jou huis ontstaan omdat jy in die welgestelde posisie is om ondervloerse verhitting te kan bekostig (en ‘n kortsluiting ontstaan as gevolg daarvan) moet jy die brandweerkoste betaal? As jy ‘n duur televisie het, jou tuinman sien dit en breek vanaand in om dit te steel, moet jy die polisie se koste dra aangesien dit ook ‘n gevolg is van jou keuse om ‘n duur televisiestel te he? As jy jou kinders op ‘n kabelkarretjie-sit neem, iets gaan fout en jul moet gered word, gaan jy ook die koste betaal?

Gert Stoltz ·

Johann dit was n reddingsoperasie nie n fondsinsameling nie.As dit jy was?

Annoniem ·

Johann, ek stem nie saam nie!! Moes hulle haar nou los totdat hulle vasgestel het of die reddingspoging se rekening deur haar betaal is? Ek is baie bly my beslasting geld dra by daartoe dat ‘n lewe gered is!

Avontuurlus ·

Sit ek nou en wonder wat doen jy wat die lewe vir jou lekker maak, Jag? Vivang? Hou vakansie? Maak eintlik nie saak nie. Enige iets kan met enige iemand gebeur, moenie oordeel nie, miskien moet ‘n reddingspan jou eendag kom red, sal graag dan jou storie wil hoor (Maar dan weer sal jy seker self die kostes dra). Gun haar die geleentheid om haar lewe te geniet. Dis fantastiese nuus dat sy gered is,wel gedaan!!!!!!!

Wat-ek-lees ·

Wat ek wel weet is dat dit jou ‘n hele paar sente gaan kos om per helikopter gered te word uit die Visriviercanyon, Namibië.

KP ·

Dankie reddingspan. Ek is bly om in n plek te bly waar daar nog goeie dienslewering is en gee ook nie om om my dienste belastings te betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.