Tafelberg wen gesogte toerismetoekenning

Tafelberg is pas deur die World Travel-toekennings (WTA) as Afrika se voorste toeristebestemming aangewys. (Foto: Verskaf)

Tafelberg is pas deur die World Travel-toekennings (WTA) as Afrika se voorste toeristebestemming aangewys.

Die World Travel-toekennings is ʼn gesogte, wêreldbekende platform wat geskep is om uitnemendheid in sleutelsektore van die reis-, toerisme- en gasvryheidbedrywe wêreldwyd te vereer.

“Hierdie toekenning kon nie op ʼn beter tyd aangekondig word nie,” sê Wahida Parker, besturende direkteur van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy (TMACC).

Parker het ook erkenning gegee aan die TMACC se medebenoemdes in Afrika se voorste toeristekategorie, wat ikoniese bestemmings soos die berg Kilimandjaro en die Ngorongoro-krater in Tanzanië en die Piramides van Giza in Egipte, asook twee ander Kaapse bestemmings, Robbeneiland en die V&A-waterfront, ingesluit het.

Die TMACC is ook benoem as die wêreld se voorste kabelkar. Ander benoemdes in dié kategorie sluit in die Bondinho Pão de Açúcar in Brasilië, die kabelkar by Sun World Ba Na Hills in Viëtnam, die Disney Skyliner-kabelkar in die VSA, die Mi Teleférico in Bolivië, die Peak 2 Peak 360 in Kanada, die Skyline Queenstown in Nieu-Seeland en die Wings of Tatev in Armenië.

Die Tafelberg-sweefspoormaatskappy (TMACC) is ook benoem as die wêreld se voorste kabelkar. (Foto: Verskaf)

“Ons is een van slegs drie roterende kabelkarre ter wêreld en ons onberispelike veiligheidsrekord behoort ons ʼn goeie kans te gee om die toekenning vir die bedryf huis toe te bring,” het Parker gesê.

Tafelberg kan ook steeds as die wêreld se voorste toeristebestemming aangewys word. Lede van die publiek kan stem om Tafelberg en die TMACC te help om in dié twee gesogte kategorieë te wen.

Die wenners sal deur die WTA 2021 Grand Final Gala-seremonie aangekondig word, wat op 26 November vanjaar in Moskou, Rusland, sal plaasvind. Stemme vir die wêreldkategorieë sluit op 24 Oktober.

Besoek www.worldtravelawards.com/vote om te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Barney ·

Kyk hoe maak die strande en toerisme weer toe oor Desember met vlak 4 inperkings na die verkiessing. Julle gaan almal nog lekker huil oor die kommunisme en opgemaakte cofake gevalle wat oppad is. Lag.

Papsak ·

Ja nee en so gaan die speletjie maar lekker aan dit is nou 4 dan 5 dan 6 en ja so speel ons lekker maar

Samuel ·

Veelsgeluk met die toekenning. Dit is welverdiend en ek hoop TMACC wen ook in hul kategorie. Hoop nou net nie Hoedman en CR mors alles weer op in Desember nie. Hierdie kommuniste is tot alles in staat.

Blikke ·

Wonder ek nou hoe dit kon gebeur met so n betreurenswaardige veiligheids rekord mbt al die moorde en aanrandings wat gereeld daar plaasvind? Wonder of dit in aanmerking geneem is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.