‘Tainted Heroes’ begin in Januarie in teaters draai

AfriForum/Facebook. Argieffoto.

AfriForum/Facebook. Argieffoto.

Tainted Heroes, die dokumentêre rolprent wat die gebruik van geweld deur die ANC en ander bevrydingsorganisasies in Suid-Afrika illustreer, word vroeg volgende maand bekendgestel.

Die dokumentêr, waaroor Maroela Media vroeër berig het, is twee uur lank en handel oor die geskiedenis wat strek van die Soweto-studenteopstand in 1976 tot en met die inhuldiging van oudpres. Nelson Mandela in 1994.

Die fliek gee heelwat aandag aan die bekende dele van die geskiedenis van Suid-Afrika tydens die apartheidsjare, maar onderneem om ʼn “kant van die verhaal te vertel wat in geskiedenisboeke ontbreek”, het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en medevervaardiger van die fliek, vertel.

Roets sê die dokumentêr is nie anti-ANC nie. “Die algemene gevoel is deesdae dat almal wat hulle in die ANC se kamp bevind het onbevlekte helde was en almal wat van die ANC verskil het, bose belhamels. Die feite wat Tainted Heroes op die tafel plaas wys dat die geskiedenis nie so eenvoudig is nie.”

Meer besonderhede oor wanneer en waar Tainted Heroes vertoon word sal binnekort bekend gemaak word.

Kyk hier onder die lokprent vir die fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Ek hoop dat hierdie fliek ook oorsee versprei word. Ek het die afgelope 5 jaar heelwat met toeriste gewerk en hulle kennis van die Suid-Afrikaanse politiek (en die gebeure daar rondom) is baie beperk en verwronge. (Weens al die propaganda van die hoofstroom media.) Ek sal bly wees as dit (intern & buitelands) na al die dekades in die regte perspektief gestel kan word.

Johannes Meintjes ·

Inderdaad, geregtigheid en die toekoms kan nie op ongeregtigheid en op eensydige leuns gebou word nie! Baie dankie aan die vervaardigers van hierdie film “Tainted Heroes”.

Emile ·

Wonder of Ster-Kinekor en Nu Metro teaters beskikbaar sal wees vir vertoning hiervan? Dit blyk hulle leun polities ver na links.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.