AfriForum het Dinsdag ’n belastingmanifes gepubliseer waarin hy ’n dispuut met die regering verklaar oor sy wanbesteding van die belastingbetaler se geld.
Die burgerregteorganisasie meen ’n burgerlikebelastingopstand is “onafwendbaar” indien die regering se vermorsing van belastingbetalersgeld nie dringend aandag kry nie.
AfriForum wil nou só ’n opstand voorkom en gaan ’n onafhanklike burgerlike sekretariaat saamstel. Die sekretariaat sal die organisasie se lede en persone wat sy manifes onderteken, verteenwoordig en sal volgens die organisasie sonder staatsinmenging funksioneer.
Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê die sekretariaat sal toesien dat die nodige stappe deur die staat gedoen word om belastinghervorming deur te voer. Die sekretariaat sal ook onder meer toesien dat die nodige strafregtelike prosesse gevolg word om korrupsie te hanteer.
AfriForum eis in sy manifes – wat vandag nog aan die regering gerig sal word – dat die sekretariaat erken word as ’n wettige liggaam wat belastingbetalers verteenwoordig.
Die organisasie eis ook onder meer dat pres. Cyril Ramaphosa en die toepaslike ministers met die sekretariaat vergader om die res van die eise te bespreek wat in die manifes uiteengesit word. Dit sluit in:
- dat die wysiging aan die Grondwet om die staat te bemagtig om eiendom sonder vergoeding te konfiskeer onmiddellik gestaak word;
- dat die voortgesette befondsing van mislukte staatsondernemings onmiddellik gestaak word; en
- dat korrupte staatsamptenare, kaders van die regerende party en hul netwerke onmiddellik vervolg word en verskeie gespesialiseerde tribunale en howe vir hierdie doel daargestel word, welke tribunale en howe behoorlik bemagtig word en nie aan politieke druk of inmenging onderwerp word nie.
Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, sê die organisasie eis die erkenning van ’n burgerlikebelastingsekretariaat sodat gemeenskappe groter inspraak het in die wyse waarop belasting aangewend word.
“Uiteindelik is groter inspraak en oorsig oor die aanwending van belasting en belastingoutonomie vir gemeenskappe van die belangrikste wyses waarop belastingbetalers weggekeer kan word van vorme van belastingverset.”
AfriForum se manifes kan hier geteken word.
As jy nie die ANC by die stembus kan stop nie, dan moet daar ander maniere uitgedink word om hulle brieke aan te draai.
Die A en C is amper erger as Covid.Daar spring elke keer n nuwe variant uit die korrupsie kas.
Dankie Afriforum, want so kan ons nie verder staan en toekyk nie
Mmm hierdie is ‘n interessante inisiatief. Dalk oorweeg om ander organisasies (bv OUTA) te betrek.
Daar kort nog n klomp op daai lys..rasse klassifikasies, sassa, dubbele belasting, belastingbetalers stem, nog baie meer. Ek is so gatvol dat belastingverset vir my na die enigste uitweg lyk….soos met SANRAL se poging om ons op die paaie te beroof gedeeltelik misluk het agv verset. Ek sal met liefde my belasting eerder aan my skool oorbetaal. Trek uit daai handskoene dis tyd om hart te slaan.
Dit sal slegs werk as daar geen ANC lid betrokke is by die initiatief nie.
Thank you AfriForum. Signed,