Talle aanklagte teen kroegeienaar wat glo kelnerin verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die kroegeienaar van Bloemfontein wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kelnerin by ʼn sportkroeg in die stad verkrag het, sal Dinsdag weer in die plaaslike streekhof verskyn.

Die 46-jarige man het glo op 17 Junie ʼn 17-jarige kelnerin in die badkamer by die kroeg verkrag. Sy het na bewering gewag tot haar skof verby was voordat sy die saak by die polisie aangemeld het.

Sers. Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het reeds in die hof verskyn waarna hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Hy word intussen ook aangekla van mensehandel en die bestuur van ʼn bordeel. Die sake is nie aan die verkragting-aanklag verwant nie.

Volgens Litabe kan die naam van die sportkroeg nie aan die publiek bekendgemaak word nie, omdat die slagoffer se identiteit beskerm moet word. Maroela Media sal daarom ook die beskuldigde se naam weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MARTIN ·

Die 17 jarige maak ook nie vir my sin nie, maar niks kan verkragting regverdig nie

Sollie ·

Nou-ja toe die eerste berig hieroor verskyn het, was daar ‘n klomp slimjannies wat wou maak asof die kelnerin lieg omdat sy gewag het met haar klag ens ens…nou kan almal sien WAT se gemors hierdie man is!

Debs ·

Wat soek sy daar onder 18!!!!! Nog moeilikheid wag vir hom!!!!!!!!!
en hoekom moet sy identiteit beskerm word sulke mense moet bekend gemaak word … varke word nie beskerm nie nog minder verkragters en moordenaars !!!!! ek hoop hy gaan tronk toe die saak sloer nie ………………….

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Not for you and I, to slinging around unfounded accusations but the truth will be played out in court later. Keep your unwise and uncalled critisism to yourselves seeing that, I am respectfully of the just opinion that they both the victim and accused do not need this, at this time.

MARTIN ·

Na Paulus Antonio se kommentaar gaan nie ek vandag ongewild wees nie.

Sarie ·

My siens wyse die meisie het voorheen ook vir die ou gewerk so sy het geweet wat daar aangaan hkm dan terug gaan en ja daai dames kan uitloklik wees en sy het geweet die ou het geld hoekom nou n saak maak hy wil seker nie vir haar betaal nie . En regtig mense niemand weet wat regtig gebeur het nie. En nie een van is daar om te oordeel nie. Hoeveel van julle was al by sulke plekke maar is te skynheilig om dit te erken. Onthou die een wat vinger wys, wys 4 terug na jou toe. Gaan dink net bietjie verder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.