‘Talle Afrikaanse skole gedwing om in Engels te onderrig’

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Weens die Gautengse onderwysdepartement se swak beplanning word Afrikaanse skole gedwing om leerders in te skryf wat in Engels onderrig sal moet word, nes die geval was by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging begin vanjaar.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê hy is bewus van etlike Afrikaanse skole wat onder groot druk verkeer om leerders te aanvaar wat onderrig in Engels vereis.

Ons het alles in ons vermoë gedoen om hierdie leerders te plaas, insluitend om Afrikaanse skole te dwing om volgende jaar ’n Engelse klas in te neem.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het Donderdag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê 6 800 leerders het nog nie plek in ’n skool vir volgende jaar nie. Hul ouers het vroeër vanjaar betyds om plek aansoek gedoen.

“Ons het alles in ons vermoë gedoen om hierdie leerders te plaas, insluitend om Afrikaanse skole te dwing om volgende jaar ’n Engelse klas in te neem,” het Lesufi Donderdag gesê.

“Dit is bitter onregverdig vir die departement om nou te verwag dat Afrikaanse skole die gevolge moet dra van die departement se swak beplanning,” sê Melanie Buys, SOS-onderwysspesialis. “Hierdie skole is reeds oorvol. Om bykomende leerlinge in skole te in te dwing kan die gehalte van onderrig benadeel, sowel as ’n veiligheidsrisiko vir leerlinge inhou.”

Philip van Staden, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer. Foto: Facebook

Ook die VF Plus in Gauteng het verontwaardig op Lesufi se uitsprake gereageer en sê hy het “moedswillig gemoedere oor Afrikaans opgejaag”.

Sy opmerking is gevaarlik en kan tot gevolg hê dat mense weer na Afrikaanse skole stroom om te betoog en die skole van apartheid te beskuldig.

Philip van Staden, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer, sê sy party meen dié opmerking is kwaadwillig en “kan veroorsaak dat ouers van ongeplaaste kinders ʼn haat teen Afrikaanse skole ontwikkel waarvoor Lesufi verantwoordelikheid sal moet aanvaar.

“Sy opmerking is gevaarlik en kan tot gevolg hê dat mense weer na Afrikaanse skole stroom om te betoog en die skole van apartheid te beskuldig. Sy optrede kan selfs kinders se lewe in gevaar stel.”

Buys sê Lesufi het erken sy departement het genoeg geld om nuwe skole te bou. “Maar al maak ons een skool elke maand oop, sal dit nie genoeg wees om te voldoen aan die behoeftes van die 82 000 nuwe leerlinge wat jaarliks in Gauteng aankom uit ander provinsies nie.”

Lesufi het reeds aan die begin van sy termyn geweet ’n bottelneksituasie sou in Gautengse skole ontstaan en hy moes toe reeds planne begin maak het, meen Buys. “Maar hy het eerder spoggerige spesialisskole gebou as om die meerderheid leerlinge se basiese behoeftes te prioritiseer.”

Die LUR probeer sy foute verbloem deur weer eens Afrikaanse skole by die gesprek in te sleep.

Van Staden sou wou sien dat Lesufi ʼn aanduiding gegee het waar en hoe hy plan sal maak om die oortollige leerders te akkommodeer, pleks van “ʼn steek na Afrikaans te gee”.

“Die LUR probeer sy foute verbloem deur weer eens Afrikaanse skole by die gesprek in te sleep om die aandag af te lei van die 21 094 leerlinge wat nog nie ʼn heenkome in 2019 het nie.”

Melanie-Buys-onderwysberaad

Melanie Buys, SOS-onderwysspesialis: Foto: Reint Dykema/Solidariteit Facebook

Buys sê dit is eienaardig dat Lesufi beweer 56 nuwe skole is die afgelope vier jaar opgerig, maar dat die name van die skole steeds ʼn raaisel is, ten spyte van herhaaldelike versoeke om dit bekend te maak.

“Die SOS kon boonop vasstel dat tien van die 13 skole wat die afgelope twee jaar gebou is, bloot tydelike skole vervang het en dus nie verligting sou bied vir die gebrek aan skole nie.”

Sy sê baie skole in townships word onderbenut omdat ouers ontevrede is met die gehalte van onderrig. “Sommige van hierdie skole kry minder as 20 nuwe aansoeke per jaar. Ons raai Afrikaanse skole aan om hulself te vergewis van skole in hul omgewing wat kapasiteit het om leerlinge in te neem.

“Die beheerliggaam moet dan druk op die departement plaas om eers kinders in leë skole te plaas, eerder as om Afrikaanse skole te dwing om Engelse leerlinge in te neem.”

Buys sê as die departement ’n Afrikaanse skool nader om leerders te aanvaar wat in Engels onderrig moet word, moet die skool eers ’n skriftelike versoek van die departement aanvra, wat presies uiteensit vir hoeveel Engelsmediumleerders hulle plek kort. “Eers daarna sal die beheerliggaam ’n vergadering met die departement oorweeg om die kwessie te bespreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

53 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Lesufu soek moeilikheid. Hy dwing ons nou om weereens hof toe te gaan en n kostebevel aan te vra. Raak van die onbekwame mens ontslae.

Mikeskool

Mense gaan kyk na Lesufi se geskiedenis. Dis wraak want as kind is sy gesin geforseer om tembisa toebte trek. Nou neem hy wraak teen onskuldige kinders net soos res gemik is teen blankes

WH van der Merwe

Was dit slegte beplanning of n skelm streek on die laaste paar afrikaanse skole ook te verengels?die sreek van die anc het net gekomomdat afrikaanse skole nie engels en swart taal magtige leerlinge wou toelaat nie,en nou word hulle gedwing om in engels onderig te gee

Wayne

Die probleem is nie onbevoegdheid of swak beplanning nie. Inteendeel, dis uiters goeie beplanning en die oogmerk is die uitwissing van ons taal en identiteit as deel van die aanslag teen al wat behoudend is. My enigste vraag is, wanneer is genoeg genoeg? Wanneer verdra ons nie langer die verdrukking nie?

Antoinette

Brand nog skole af dan kry julle mos jul sin!