‘Talle Afrikaanse skole gedwing om in Engels te onderrig’

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Weens die Gautengse onderwysdepartement se swak beplanning word Afrikaanse skole gedwing om leerders in te skryf wat in Engels onderrig sal moet word, nes die geval was by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging begin vanjaar.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê hy is bewus van etlike Afrikaanse skole wat onder groot druk verkeer om leerders te aanvaar wat onderrig in Engels vereis.

Ons het alles in ons vermoë gedoen om hierdie leerders te plaas, insluitend om Afrikaanse skole te dwing om volgende jaar ’n Engelse klas in te neem.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het Donderdag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê 6 800 leerders het nog nie plek in ’n skool vir volgende jaar nie. Hul ouers het vroeër vanjaar betyds om plek aansoek gedoen.

“Ons het alles in ons vermoë gedoen om hierdie leerders te plaas, insluitend om Afrikaanse skole te dwing om volgende jaar ’n Engelse klas in te neem,” het Lesufi Donderdag gesê.

“Dit is bitter onregverdig vir die departement om nou te verwag dat Afrikaanse skole die gevolge moet dra van die departement se swak beplanning,” sê Melanie Buys, SOS-onderwysspesialis. “Hierdie skole is reeds oorvol. Om bykomende leerlinge in skole te in te dwing kan die gehalte van onderrig benadeel, sowel as ’n veiligheidsrisiko vir leerlinge inhou.”

Philip van Staden, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer. Foto: Facebook

Ook die VF Plus in Gauteng het verontwaardig op Lesufi se uitsprake gereageer en sê hy het “moedswillig gemoedere oor Afrikaans opgejaag”.

Sy opmerking is gevaarlik en kan tot gevolg hê dat mense weer na Afrikaanse skole stroom om te betoog en die skole van apartheid te beskuldig.

Philip van Staden, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer, sê sy party meen dié opmerking is kwaadwillig en “kan veroorsaak dat ouers van ongeplaaste kinders ʼn haat teen Afrikaanse skole ontwikkel waarvoor Lesufi verantwoordelikheid sal moet aanvaar.

“Sy opmerking is gevaarlik en kan tot gevolg hê dat mense weer na Afrikaanse skole stroom om te betoog en die skole van apartheid te beskuldig. Sy optrede kan selfs kinders se lewe in gevaar stel.”

Buys sê Lesufi het erken sy departement het genoeg geld om nuwe skole te bou. “Maar al maak ons een skool elke maand oop, sal dit nie genoeg wees om te voldoen aan die behoeftes van die 82 000 nuwe leerlinge wat jaarliks in Gauteng aankom uit ander provinsies nie.”

Lesufi het reeds aan die begin van sy termyn geweet ’n bottelneksituasie sou in Gautengse skole ontstaan en hy moes toe reeds planne begin maak het, meen Buys. “Maar hy het eerder spoggerige spesialisskole gebou as om die meerderheid leerlinge se basiese behoeftes te prioritiseer.”

Die LUR probeer sy foute verbloem deur weer eens Afrikaanse skole by die gesprek in te sleep.

Van Staden sou wou sien dat Lesufi ʼn aanduiding gegee het waar en hoe hy plan sal maak om die oortollige leerders te akkommodeer, pleks van “ʼn steek na Afrikaans te gee”.

“Die LUR probeer sy foute verbloem deur weer eens Afrikaanse skole by die gesprek in te sleep om die aandag af te lei van die 21 094 leerlinge wat nog nie ʼn heenkome in 2019 het nie.”

Melanie-Buys-onderwysberaad

Melanie Buys, SOS-onderwysspesialis: Foto: Reint Dykema/Solidariteit Facebook

Buys sê dit is eienaardig dat Lesufi beweer 56 nuwe skole is die afgelope vier jaar opgerig, maar dat die name van die skole steeds ʼn raaisel is, ten spyte van herhaaldelike versoeke om dit bekend te maak.

“Die SOS kon boonop vasstel dat tien van die 13 skole wat die afgelope twee jaar gebou is, bloot tydelike skole vervang het en dus nie verligting sou bied vir die gebrek aan skole nie.”

Sy sê baie skole in townships word onderbenut omdat ouers ontevrede is met die gehalte van onderrig. “Sommige van hierdie skole kry minder as 20 nuwe aansoeke per jaar. Ons raai Afrikaanse skole aan om hulself te vergewis van skole in hul omgewing wat kapasiteit het om leerlinge in te neem.

“Die beheerliggaam moet dan druk op die departement plaas om eers kinders in leë skole te plaas, eerder as om Afrikaanse skole te dwing om Engelse leerlinge in te neem.”

Buys sê as die departement ’n Afrikaanse skool nader om leerders te aanvaar wat in Engels onderrig moet word, moet die skool eers ’n skriftelike versoek van die departement aanvra, wat presies uiteensit vir hoeveel Engelsmediumleerders hulle plek kort. “Eers daarna sal die beheerliggaam ’n vergadering met die departement oorweeg om die kwessie te bespreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Alida ·

Lesufu soek moeilikheid. Hy dwing ons nou om weereens hof toe te gaan en n kostebevel aan te vra. Raak van die onbekwame mens ontslae.

Mikeskool ·

Mense gaan kyk na Lesufi se geskiedenis. Dis wraak want as kind is sy gesin geforseer om tembisa toebte trek. Nou neem hy wraak teen onskuldige kinders net soos res gemik is teen blankes

Hannetjie ·

Mense..gee vir die Engelse leerders dan net Engelstalige onderwysers uit hul eie gebiede.So maklik soos dit.As hy dan kinders wil plaas waar hy wil moet hy die onderwysers ook voorsien om dan vir hulle klas te gee.

WH van der Merwe ·

Was dit slegte beplanning of n skelm streek on die laaste paar afrikaanse skole ook te verengels?die sreek van die anc het net gekomomdat afrikaanse skole nie engels en swart taal magtige leerlinge wou toelaat nie,en nou word hulle gedwing om in engels onderig te gee

Wayne ·

Die probleem is nie onbevoegdheid of swak beplanning nie. Inteendeel, dis uiters goeie beplanning en die oogmerk is die uitwissing van ons taal en identiteit as deel van die aanslag teen al wat behoudend is. My enigste vraag is, wanneer is genoeg genoeg? Wanneer verdra ons nie langer die verdrukking nie?

Anton X ·

Sal maar voortaan onder ‘n skuilnaam plaas.
Die verdrukking begin nou eers. Alle moontlike maniere word gesoek om klei en yster te meng. Daar is geskryf die sal nooit werk nie.
Die uitverkorenes weet van beter.

Rudolf ·

Ek dink mense verstaan die verdrukking verkeerd omdat hulle nie weet teen wat verdruk word nie…

1+1 ·

Of jy nou plek het of nie, die departement gaan jou dwing om kinders in tydelikeklasse te akkomodeer wat hulle op een van jou rugbyvelde gaan oprig. Hulle besit die openbare skole en voel vere vir kwaliteit.

‘n Kwantitatiewe mentaliteit was nog altyd deel van hulle lewens en wereldbeskouing. Hulle sien sake net anders.

Johan H. ·

Lepufie tart die wittes. Gee in Afr dan klas maar maak of julle nie Eng. verstaan nie. Of moennie tteveel aandag daaraan gee nie.

Net 'n onnie ·

Lesufi doen nie die Afrikaanse skole skade aan nie – hy BENADEEL die “Engelse kinders”…. Ek WEET waarvan ek praat. Sou hulle dan sukkel – dan is dit OOK ONS SKULD.
Ek is sooooo gatvol!!!

Johann ·

Onbevoegd van moedswilligheid! RAS beheptheid ten koste van onskuldige kinders! Gewetenlose ANC anargis. Sal als afbreek om in beheer te bly.

Louis Jacobs ·

Dis ‘n opsie, maar volgens party is dit onbekostigbaar duur.
Ek dink egter dit sal goedkoper raak (weet nie hoeveel goedkoper nie), indien die skole wat privatisering oorweeg dalk slegs op die akademiese deel van skoolgaan konsentreer.
Vergeet van al die buitemuurse aktiwiteite (en die gepaardgaande infrastruktuur) vir eers. Wat help dit in elk geval kinders beoefen sport op skool, maar 5 jaar later beoefen slegs ‘n fraksie van volwassenes nog sport? Ja ja, ek weet spansport leer kinders om in ‘n groep saam te werk, maar jy kan groepswerk vinnig eendag by jou nuwe werk ook aanleer.

Anonymous ·

Dis hoe hule Afrikaanse skole dubble-medium gaan maak sodra enige Afrikaanse skool Engelse klasse aanbied is die koeël deur die kerk. Goeie strategy van die anc

0/10 ·

Ons Afrikanse skole moet Engels sprekende kinders in vat en na 2 jaar is daardie skool so oorvol van Engelse kinders dat ons Afrikaans sprekende kinders ander skole moet soek wat ook weer skaars is in kleiner dorpies.Dit is hoekom my Graad 8 seun tuis skool.As dit die geval gaan wees gaan ek my dogter uit die laerskool uit haal en haar ook in tuisonderrig sit

Ben ·

Die ANC haat kolonialisme maar is baie vinnig om hulle kinders na koloniale skole toe te stuur. Waneer die kinders daar is dan is die onderwyser nie goed genoeg nie en die blanke onderwyser moet vervang word. Nou wonder ek, is dit die gebou wat die onderig gee of is dit die onderwyser? Nou moet die onderwyser nog in ander taal ook klas gee? Wat van ons bou nuwe skole en laat elke kultuur sy mense oplei?

Anne ·

Wonder hoekom daar altyd so ‘n aggresiewe uitdrukking op die lur se gesig is ?

Nelia van Zyl ·

Onbekwaam, onbevoeg, domastrant, moedswillig. Hierdie man doen die onderwys net skade aan. Hy word ‘n al groter verleentheid.

Manie ·

Is dit nie tyd dat die kinders bietjie op die voorgrond geplaas word soos die anc gedoen het in 1976 om hulle weersin in die rassis se plan te wys.

Siek en sat ·

Lesufi begin jy nou weer met jou . …..? Hoekom bou jy nie skole waar julle julle kinders in hulle eie taal kan onderrig nie dan sal minder druip. Nou meng jy alweer in. Tyd dat Ramaposa sy tikmasjien uitpluk en vir jou n koebaai brief skryf.

Zelda ·

Kan Department of Health bietjie die engelse kinders se ouers aan voorbehoed voorstel….

Wimpie ·

Onderrig moet slegs in Afrikaans gedoen word. Jammer vir die Engelse kinders. Lesufi en departement se skuld.

Mark Condor ·

Huhh….. Al die 56 skole sal naamloos bly want almal is afgebrand of verwoes insluitend die naamborde!?

Nita ·

Die regering neem glad nie die swart bevolkingsontploffing in ag nie. Hulle gaan NOOIT genoeg skole,huise en werkgeleenthede voorsien nie. As alles wat in wit hande is afgevat word, is daar nog miljoene mense wat ge-akkommedeer moet word. Tyd vir een vrou een kind. Aansoek kan gedoen word om n 2de kind te mag he, net as jy kan bewys dat jy meer as R500000 per jaar verdien.

Jacques ·

Nita – Dit is een van die beste voorstele nog . Lesufi krap waar dit glad nie jik nie . Hy moet wakker skrik , want hy is besig om onderwys in ons land eiehandig in die grond af te trek .
Begin met beplanning by families soos Nita se .!!!!!!!!

jaco ·

Ek verstaan nog as dit met oorwegend wit skole gedoen word, want dis maar seker deel van die ewigdurende “straf” vir apartheid. Maar wat van Afrikaanssprekende skole in hoofsaaklik Kleurlinggebiede. Hulle was tog ook slagoffers van apartheid.

Maria Marais ·

Kyk né …jul het n bank wat net vir swart mense was laat inmekaar val… jul het web werwe wat nie blankes toelaat om vir pose by seker instansies en staats poste aansoek te mag doen nie …. julle wil nou weer afrikaanse skole dwing om te moet pa staan vir jul onbekwaamheid en swak beplanning vir 25 jaar…sies man … los afrikaans en afrikaanse skole uit…as jul slegs swart mag skreeu by die dinge waar ons nie welkom is nie, moenie kom rassime skree as ons vra gun ons ons afrikaanse skole en universiteite want dit is mos ons reg en jou en jou kinders se reg is nie belangriker as myne en my kinders nie….waarom moet ons respek gee maar kry dit nie terug nie…gun die son oor ons wat afrikaans praat ook skein …

Lola ·

SA het 11 tale – wat maak Afrikaans skole so verhewe bo Ander skole-ek is Afr was in Afr skool begin leer in Afr gee nou klas in Engels vir afgelope18 jaar, het Masters en PhD in Engels gedoen en artikels x6 in Engels gepubliseer (en baie gesukkel omdat ek geglo het Afrikaans is enigste taal waarmee ek gemaklik voel) -no 1 Engels is wereldwyd die aanvaarde taal 2 ek het nog nooit iets oorgekom van in Engels klas gee-tussen120 en 150 studente per keer-gelukkig het ek n mindshift gehad-het nie keuse gehad-Tersier=sien toe dat almal in selfie taal gender rig word. Alle kommunikasie in my werk word in Engels gedoen(beleid) . By huis praat ons net Afr. So verandering sal altyd angswekkend wees en n negatiwistiese effek op mense he maar laat ons dit aanvaar
dat ons uit ons gemaksone waar ons veilig en gemaklik voel moet begin beweeg.

AI AI AI ·

Ek stem saam met jou. Ek en my man is volbloed AFRIKAANS, maar ons het die besluit geneem om ons dogter in ‘n engelse skool te sit. Sy wil argitektuur studeer, so sy gaan in ENGELS leer na skool, en werk. Dit maak net vir ons sin.
En nee, ek gooi nie my taal en kultuur weg nie – my kind se fondasies is gelê in AFRIKAANS, en dit sal nooit verander nie.
Ongelukkig moet mens realisties wees en oop oë wees, en besluit wat is die “fight “werd en wat nie…

Zander ·

Afrikaanse skole is nie verhewe nie. Maar ons het die reg om ons kinders in ons taal te leer soos in die konstruksie uiteen gesit is. Naas Zulu is Afrikaans in die tweede plek as meeste gebruikte taal in Suid Afrika. Jammer om jou teleur te stel, maar Engels word glad nie wêreldwyd aanvaar nie. Gaan na die Ooste toe en probeer in Engels kommunikeer. Jy gaan nie vêr kom nie. Meer as 1 biljoen Chinese laat Chinees myle bo Engels staan. Selfs in sekere lande in Europa gaan jy lekker sukkel. Ek is trots op my taal en my kinders doen baie goed om aan te pas op Universiteit. As jy trots is op jou taal sal jy verseker dat Afrikaans nie uitsterf nie deur die kind in Afrikaans te leer. Van my familie het die selfde probeer om hulle kinders na Engelse skole te stuur. Nou praat die res van die familie se kinders omtrent nie met hulle nie, en speel ook nie met hulle nie.

Baantjies ·

Onderwysspesialis my voet. Gmfff. Engels is n internasionale voertaal. Raak daaraan gewoond! As julle jul kindertjies oorsee wil stuur want daar is te veel sis en so – dan gaan daai einste bloedjies goed Engels moet kan praat. Niemand verstaan Afrikaans in die res van die wêreld nie. Word wakker, kom by en hou op tyd en geld mors! #baantjiesvirboeties #eksêmaarnet

ES ·

Afrikaans is ook mos een van die amptelike 11 tale – nou wat van die basiese regte wat ons het om in ons eie taal onderrig te word? Hier kom groot moeilikheid!

Donderstorm ·

Dit is opsetlik gedoen hul het dit in hul kop om dit te doen en sal nie anders aangese word nie goed of sleg hul manier of geen manier.

Hartseer vir die kinders ·

My hart breek vir die kinders.

Ek doen n skole besoek en gaan na n wit afrikaanse skool toe. Ek vra haar is jou klas oorvol. Sy se ja dit is n vol klas ek vra hoeveel leerders sy se 33.

Ek val amper van my stoel af.

Besoek n swart skool in township die juffrou se klas het 68 kinders die juf nie eers spasie om in haar eie klas te loop nie. En sy kla nie sy is net bly sy kan klas gee.

Daar noet baie meer skole gebou word BAIE meer!!! Om n gemaklike klas te hê. Dit is waar jou grootste probleme lê.

Daar is nie genoeg skole nie.

Die kwaliteit van onderwys neem af hoe meer kinders in n klas is die onderwyser kom nie by almal uit nie.

Die enigste wat daaronder lei is die kinders! Albei rasse!!

Basjan ·

Dit was NIE swak beplanning van Lesufi of die Departement NIE. Dit was ‘n berekende skuif van hulle kant af om Afrikaanse skole te infiltreer.

Martin ·

Al die gehuil gaan niks help nie. As Lesufi uit is gaan die volgende een oorvat. Begin self iets doen. Ek gaan dit weer sê, daar is CVO skole. Almal huil oor die kostes. Wat gaan gebeur as die kinders Universiteit toe gaan? En na alles,is Engels volgens my kennis ‘n verpligte vak.

Staak saam ·

Dit is niks minder as n aanslag nie, moedertaal onderrig is n reg en nie onderrig in die taal van jou keuse nie.
Hierdie kinders is almal Afrikane en engels is vir hulle almal n twede taal. Ek rekin op grond daarvan kan hulle toegang gewyer word.

George ·

Wil graag by die vreeslike slim mense met so baie grade weet wat die hooftaal in skole soos in Duitsland, Frankryk, Holland ens. ens. ens. is?

Johan ·

Dankie George – kom ons kyk of die “slim mense met grade” wat Engels so adverteer as “wereldtaal” jou antwoord.
Ek lees jou soos ‘n boek – maar vir die pro-Souties, kom ek spel dit uit : Mens KAN in jou moedertaal leer en steeds suksesvol wees in die wereld na jou studies in Engels.

Hendrik ·

Die enigste manier hieruit is om deur die hof die Gauteng Onderwys Departement te dwing om die klomp engelse leerders na die onderbenutte Township skole te stuur. Dis hoekom ons ‘n burgeregtegroep Afriforum se ekonomiese waarde nodig het om die hofstryd te voer.

Piet ·

Kyk bietjie daai een wat langs lesufi sit se houding/liggaamstaal’body lanuage’.

Ai.... ·

Dis baie hartseer ek stem saam! Maar ongelukkig is die internasionale taal engels, of ons daarvan hou of nie! As ek ooit die geleentheid kry om my 2 dogters oorsee te stuur vir n beter lewe sal ek nie 2 keer dink nie! Daarom is engels belangrik vir afrikaanse kinders. Ja ek weet wat julle almal gaan se… “gee steeds klas in afr en hou eng as n vak”…. ek glo met my hele hart dat afrikaans nooit sal uit sterf nie! En ek as ouer sal my huistaal afrikaans hou en my kinders sal weet wat hul moedertaal is en hulle sal dit oordra aan hulle kinders!Dis ongelukkig al wat ons kan doen. Ipv geld mors op hofsake ens om in afr te onderrig, dink ek daai geld kan vir baie beter dinge bestee word!

afrikaanse skool ·

Ons bly in n klein dorpie in Limpopo. My kind is in gr.2 in n semi staats afrikaanse skool. Hulle is 33 kinders in die klas waarvan daar 4 nie-blanke kinders is. Ek sal vir julle se daai kinders praat beter afrikaans as sommige afrikaanse kinders! Die ouers van die nie-blanke kinders is by elke geleentheid van die skool en praat slegs afrikaans met enige iemand! Ek voel hulle het respek vir afr en dat dit hulle keuse was om hul kinders in n afrikaanse skool te sit. Kan dit nie maar elkeen se eie keuse wees nie? Dis tog nie dat enige van die afrikaanse skole glad nie engels aanbied nie… o en hulle het sepedi as n vak vandat my kind in gr.0 was! Ekt geen probleem dat my kind n 3de taal ook kan aanleer nie!

Nouja ·

Gemeet aan die awesome taal wat mens hoor op Kyknet en veral Boer-soek ‘n vrou, wil dit vir my appear asof die jeug nie truly belangstel in Afrikôns nie. Dalk is dit beter dat ons verengels, want dan praat ons nasate dalk een taal ordentlik. Hierdie favorable mixing van onse taaltjie stôn my nou nie juis aan nie.

Ethan ·

As al die skole dubbel meduim raak gaan dit net met tyd swart word en vir jou gesê word daar is nie plek vir jou kind nie jy moet in tou staan 5uur die oggend met duisende om te registreer vir nuwe jaar en dan konsuis geen plek, eerste handse ervaring hiervan. Hulle argument jy was voorheen 25 jaar terug bevoordeel en kan ander heenkome vind.

honourable member ·

Ja dit sal kom. Hulle kan nie eers hulle eie skole laat ordelik geskiet nie nou wil hulle vir ons kom se wat om te doen. Kry maar eers julle eie huis in orde.

Fryingfrog ·

Hoekom kan die “Engelse” leerlinge (Hulle is nie een moedertaalsprekers van Engels nie) nie in Afrikaans skoolgaan nie? Swart kinders leer baie gou ‘n ander taal aan. Dis egter nie so maklik vir ‘n onderwyser om skielik die vaktaal van sy/haar vak in Engels om te skakel nie. Dis ‘n verloor-verloorsituasie. Self moes ek op hoërskool Engels leer by ‘n so-so Afrikaanssprekende onderwyser wat Engels as vak op universiteit geneem het. Hopelose situasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.