Talle begrafnisgangers beseer in busongeluk

Die bus wat omgeslaan het. Foto: ER24

Die bus wat omgeslaan het. Foto: ER24

Altesaam 18 mense in ʼn bus onderweg na ʼn begrafnis is beseer toe die voertuig in Mpumalanga omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op ʼn grondpad op die Emjindini-pas buite Barberton plaasgevind.

“Die bestuurder van die bus het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan en op die kant in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom het,” het Vermaak gesê.

Al die insittendes kon uit die bus kom en is buite die voertuig aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die mense het geringe en matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na die Barberton-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra maar net ·

As dit die regte foto is van die bus moet ek sê die padtoestand laat veel te wense oor. Infrastruktuur word nie instand gehou nie!

Asjas ·

Ongelukkig kan ons nie die anc vir alles blameer nie. Dit is maar hoe grond paaie lyk na ‘n paar dae se swaar reen. Kan ook nie so gou weer geskraap word nie.

Wat-ek-lees ·

Genoegsame afleivore en kontoere vir die water? Ek twyfel.

Zelda ·

Maroela ek praat onder korreksie…. maar ek dis Emjindini… ken nie van die plek waarvan julle praat nie. Taalgogga…askies as ek verkeerd is.

Phillip ·

Dankie vir jou valkoog Zelda. Dit was inderdaad ‘n vingerfout, en ons het dit reggestel.

Groetnis

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.