Talle behandel ná chemikalieë by fabriek lek

Argieffoto: ER24

Talle mense moes Maandag behandeling ontvang nadat chemikalieë glo by ʼn fabriek in Germiston aan die Oos-Rand gelek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn fabriek in La Basseeweg plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is tussen 50 en 100 mense buite die fabriek aangetref. Die fabriek het sy werkers laat ontruim nadat daar glo chemikalieë gelek het,” het Meiring gesê.

Plaaslike owerhede het die pad afgesper terwyl paramedici van verskeie nooddienste ʼn gebied opgestel het om die werkers te behandel.

“Verskeie pasiënte het asemhalingsprobleme ervaar. Hulle is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Die presiese hoeveelheid pasiënte kon nie dadelik vasgestel word nie aangesien hulle deur verskeie nooddienste na hospitale geneem is.”

Die presiese oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.