Talle beseer deur weerlig en storms in KZN

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is ernstig beseer deur weerlig tydens gure weer in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê byna die hele provinsie was Vrydagaand deur groot stormwolke bedek en dat die gure weerstoestande skade en beserings tot gevolg gehad het.

“Aan die suidkus was daar hewige reënbuie en sterk winde. Talle grasdakstalletjies op Margate se strand het omgewaai. Paramedici het drie mense vir ligte beserings behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.” Mckenzie kon egter nie verder hieroor uitbrei nie.

In Cato Ridge was daar sterk winde terwyl daar hael in Pietermaritzburg voorgekom het. Mckenzie het gesê die hael was groter as gholfballe. Verskeie bome is ontwortel.

In Nkandla is minstens 10 huise beskadig. “Rampbestuurspanne was gisteraand op bystand en sal vandag saam met ander regeringsagentskappe die omvang van die skade probeer bepaal en bystand lewer waar nodig,” het Mckenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis le Roux ·

Hierdie weerlig naby Nkandla is slegs ‘n waarskuwingskoot. Volgende keer is dit vol in die kol. Zoempie moet versigtig loop en praat. Die blinde sambok slaan ‘n reguit hou met ‘n krom stok.

Drieks ·

haha… Gehoor hul wil weerlig ook ondersoel vir rassisme?

scalla ·

Hoe ver is hul met die ondersoek, wil graag die uitslag sien,?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.