Talle beseer in botsing op N12

Foto: Netcare 911

Talle mense is Vrydagmiddag beseer toe verskeie voertuie, insluitend ʼn vragmotor, in ʼn botsing betrokke was op die N12 in Boksburg aan die Oos-Rand.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn sesjarige kind het ernstige beserings opgedoen en moes per helikopter van die ongelukstoneel na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer word.

Volgens Magoro het die ongeluk omstreeks 16:30 gebeur. Dit is nie duidelik presies hoeveel voertuie betrokke was nie, maar minstens 23 mense is beseer. Magoro het gesê die meeste mense het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê maar net ·

Ons was daar opgehou in die verkeer, maar toe ons baan herlei word en ons die toneel sien kan ons nie dink daarwas oorlewendes nie. Dit was ‘ n gewekdige groot ketting botsing. Sommige karre was vasgedruk tussen groot lorries . Dit was bsie sleg..

Sê maar net ·

Ons was daar opgehou in die verkeer, maar toe ons baan herlei word en ons die toneel sien kan ons nie dink daarwas oorlewendes nie. Dit was ‘ n gewekdige groot ketting botsing. Sommige karre was vasgedruk tussen groot lorries . Dit was baie
sleg. Tenminste 10 karre en verskeie swaarvoertuie was betrokke

RHG ·

Arme mense. Daar was besonder digte mis gister oggend. Dalk die oorsaak? Ons moes al in sulke mis ry en al opsie is om te bly beweeg. Dis doodsangs.

Hennie ·

RGH, die botsing het 16H30 plaas gevind, digte mis vroeg oggend????? belangrik om altyd mooi te lees voor jy kommentaar lewer.

andile ·

Daar was n veld brand langs die pad. Toe ek deur die rook ry was ek verstom hoe idiote daardeur jaag sonder dat hulle 2m voor hulle kan sien. Soveel idiote op die pad.

LB S ·

Daar het jy dit. Veldbrand. En ja, mense dink hulle kan maar net op dieselfde spoed deurry. Ek was self jare gelede in so rooktoestand gevang en my gewese man het besluit om in die middel van die rook te gaan stilhou en jy kon net stampe en glasskerwes hoor! Ons is genadiglik gemis maar dit was totale chaos en baie bloed toe die rook oorgetrek het. My keel trek nou nog toe as ek net ‘n rokie langs die pad sien.

DS ·

Of lees hele artikel nie net opskrif voor jy konmentaar lewer.

Weti meer ·

Ag nee man vir wat so stry Hennie? O ja dis RHG en nie RGH aangesien ons nou foute moet opspoor. Sterkte aan die betrokke persone in die botsing.

Letta ·

FYI – Die ongeluk was nie in Boksburg nie. Dit het gebeur naby Sundra, 36km van Boksburg af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.