ʼn Woordvoerder van ER24 het gesê die mense wou glo ʼn kerkdiens by die Tshwane Events Centre, voorheen bekend as die Pretoria skougronde, bywoon. “Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle ongeveer 40 mense gevind met verskeie beserings,” het die woordvoerder gesê.
Een vrou, vermoedelik in haar 60s, het ʼn ernstige besering aan haar pelvis opgedoen en moes na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas word. ʼn Man in sy 30s het ernstige beserings aan sy knieë opgedoen.
Verskeie ander mense met geringe tot matige beserings moes ook na hospitale geneem word. “Sommige pasiënte met geringe beserings het mediese hulp van die hand gewys en gesê hulle wil terugkeer na die kerkbyeenkoms,” het die woordvoerder gesê.
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie, maar die stormloop het vermoedelik ontstaan toe mense voor die ingangshekke na die gronde saamgedrom het en kerkgangers van agter begin stamp en stoot het om in te kom. Die hek het uiteindelik oopgebars en van die mense het op die grond geval met ander wat bo-oor hulle gehardloop het.
Die kerkbyeenkoms word glo elke Sondag by die Tshwane Events Centre gehou. Die polisie stel ondersoek in.
Die tipe ding kon ek nog nooit verstaan nie, en dit is nie net in Suid-Afrika waar dit gebeur nie.
Jaco, jy en ek sal dit nooit verstaan nie want ons sal nie daarin betrokke raak nie, dis gewoonlik die armes van gees wat dit laat gebeur.
Die vrug van die Gees is … geduld … ” – Gal 5:22. ;)
Die belaglikste van die hele ding is, die Here sit nie daar en wag dat hulle na hom toe kom nie. Hy is oral. Hulle is net mense wat niks gewoond is nie.
Was die Heilige Gees dus teenwoordig of afwesig ?
Net iemand wat God as verlosser aanvaar het en die Heilige Gees al ervaar het sal weet, dit is hoekom Shannon dit nie sal verstaan
Heng nes n trop verwarde skape. Oorgewig is te erg. Mense God se ek is n jaloerse God. Baie van die mense gaan in Sy naam maar op die einde van die dag, aanbid hulle
Die paster. Hoor hulle Maandae by die werk dis net “Die paster se”voor en die” paster se” agter.
Mense dink mos as hulle teenaan jou in ‘n ry staan, sal hulle gouer gehelp word. Ook as hulle verby jou jaag om net 50 meter verder by ‘n rooilig te stop, hulle gouer by hul bestemming sal aankom.
Francois le Cochon – daai verby-jou-jaag- stukkie is 100% waar! Kan soms net my kop skud vir mense se dinge…
They soupport spiritool devil
opment.
Francois en Genis – dankie vir die lekker lag!
mense seker gedink da is gratis kos en drank