Talle beseer ná swaar reënval in Durban

Paramedici op die toneel waar die vragmotor in ‘n ongeluk was. Foto: Rescue Care

Nooddienste van Durban moes Vrydag bontstaan nadat talle mense in verskeie ongelukke in nat weerstoestande beseer is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê paramedici het Vrydag op verskeie ongelukke oor die hele stad reageer.

In een van die ernstige ongelukke het ʼn swaarvoertuig op die N3-snelweg naby die Mariannhill-tolhek teen ʼn wal af geploeg.

“Die ongeluk het in die baan wat na Durban lei, plaasgevind. Die vragmotor het die pad verlaat en teen ʼn wal af gery. Die bestuurder het matige beserings opgedoen en was in die vragmotor se kajuit vasgekeer,” het Jamieson gesê.

Paramedici het die man behandel terwyl die brandweer en polisie se soek-en-reddingseenheid hom uit die wrak gesny het.

“Die man is daarna deur reddingswerkers met ʼn touestelsel na die padoppervlak gebring waar hy in ʼn ambulans geplaas en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir opvolgbehandeling,” het Jamieson gesê.

Jamieson het ʼn beroep op motoriste gedoen om stadiger te ry in nat weerstoestande. “Laat ʼn veilige volgafstand en ry eerder vroeër om veilige snelhede te handhaaf,” het hy gesê.

Swaar reënval sedert Donderdag het ook chaos in Gauteng veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Na meer as 57 jaar sonder ‘n ongeluk het ek verlede Januarie BMW se gevorderde bestuurskursus gaan doen op Zwartkops. In my tydperk op die pad het ek met alle weerstoestande te doene gehad en ook geskaats deur waterpoele. Ek is met ‘n VWkewer ook deur die Tugelarivier in vloed maar dit met gesonde oordeel gedoen. Daar is ‘n tekort aan bestuursvaardigheid omdat daar nie blootstelling is aan bestuur op grondpaaie. Ons het ‘n ovaalvormige grondpadbaan gehad waarop ons met ons privaat voertuie gejaag het. Sodoende het jy jou voertuig leer ken. Dit is moeiliker om ‘n voorwielaangedrewe kar op… Lees meer »

Cherokee

Peet Schabort, op laerskool het ek geleer van mense kort na (of selfs tydens) Oom Henry Ford se tyd toe 12mpu roekeloos jaag beteken het en die karre gery het met iemand wat met ‘n vlag vooruit geloop het om te waarsku, pasop ‘n kar op pad! Ek dink jou meer as 57 jaar was daardie tyd. My logboek(ke) vertel van motorfiets-ongelukke te veel om te onthou, karongelukke waarvan net die meer ernstiges onthou word (soos toe ek die Saab voor die huis gerol het en dit weer op die wiele beland het en ek toe in die agterste sitplek… Lees meer »

Cherokee

Dankie Peet vir jou lekker skrywe en uitnodiging. Terloops, ek het nie oordryf maar eerder onderskryf oor ongelukke en behalwe vir ‘n linkerknieskyf wat êrens in die slag gebly het, is ek steeds loopvaardig en fiks:-) Jou beskrywing van jou bestuursgeskiedenis is tipies Peet Schabort skryf, ‘n heerlike lekker lees. Soos ek voorgestel het, skryf meer gereeld. Tot ons weer van jou hoor, groetnis vanuit Durbs.