Talle beseer ná twee busse in KZN bots

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Minstens 53 mense is Woensdag in die vroeë oggendure beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die N3 naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die mense het tussen matige en kritieke beserings opgedoen nadat een bus die ander bus van agter getref het.

“Die snelweg moes vir ʼn geruime tyd vir verkeer gesluit word sodat paramedici in ʼn veilige omgewing die beseerdes kon behandel,” het Meiring gesê. “Twee mense het kritieke beserings opgedoen. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale, waaronder die Ladysmith-hospitaal, geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.