Talle beseer toe brand uitbreek

Foto: ER24

Foto: ER24

Talle mense is beseer nadat ʼn brand Saterdagnag by ʼn gebou in die Johannesburgse sakesentrum uitgebreek het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net ná middernag na die gebou op die hoek van Nugget- en Commissionerstraat ontbied.

“Paramedici en brandbestryders het saam by die toneel opgedaag en gesien dat ʼn verdieping van die gebou in ligte laaie was. Verskeie mense was nog aan’t vlug uit die gebou. Omstanders het aan die brandbestryders gesê sommige mense het na die dak gehardloop toe die brand uitgebreek het,” het Vermaak gesê.

Foto: ER24

Foto: ER24

Terwyl brandbestryders die vlamme geblus het, het paramedici minstens 15 mense vir rookinaseming behandel. “Van die mense het ook geringe beserings soos skraapwonde en kneusplekke opgedoen. Een man het ʼn ernstige snywond aan sy kop gehad en ʼn ander man het vermoedelik sy enkel gebreek,” het Vermaak gesê. Hulle is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Brandbestryders het mense wat nog in die gebou was, gehelp om dit te ontruim en die vlamme is in die vroeë oggendure geblus. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Dit is besonder snaak dat ‘n brand in die middel van die nag uitbbreek as die meeste meeste mense slaap.
Iets is beslis nie pluis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.