Talle beseer toe motor in Londen in voetgangers inploeg

Die toneel. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth.

Verskeie mense is Saterdagmiddag beseer toe ʼn motor in voetgangers buite die Londense Natural History Museum ingeploeg het.

Die motor het glo buite dié bekende baken in Suid-Kensington in mense op die sypaadjie ingeploeg.

Londense polisie het gesê hulle is omstreeks 14:20 na die toneel in Exhibitionstraat ontbied.

Museums in die omgewing is ontruim terwyl paaie in die omgewing ook gesluit is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die voorval word nie in dié stadium as ʼn terreuraanval gesien nie.

ʼn Man is op die toneel in hegtenis geneem. Katie Craine, ‘n ooggetuie, vertel die man het baie trots op homself gelyk. “Hy het geglimlag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.