Talle beseer toe motor konvooivoertuig tref

Die ongeluk waarby ‘n konvooi motors betrokke was. (Foto: Verskaf)

Verskeie mense is beseer, talle ernstig, toe ʼn motor van voor teen ʼn ander motor in aankomende verkeer op die M4 in KwaZulu-Natal gebots het. Die tweede voertuig was deel van ʼn konvooi wat in ʼn suidelike rigting op die M4 gereis het. Verskeie voertuie, insluitend ʼn sekerheidsvoertuig, was in die ongeluk betrokke.

Volgens paramedici van Netcare 911 het die ongeluk net ná 16:00 noord van Durban naby die Sibaya Casino plaasgevind. Die motor wat die ongeluk veroorsaak het, het glo in die baan vir aankomende verkeer geswenk en ʼn motor in die konvooi getref.

Vyf mense het matige tot ernstige beserings opgedoen. Volgens die nooddienste IPSS Medical Rescue was een persoon nog vroeg Vrydagaand in een van die voertuie vasgekeer en was paramedici besig om die persoon te bevry. “Die verkeer op dié pad is geweldig geaffekteer,” het die nooddiens in ʼn verklaring gesê.

Volgens Netcare 911 het hul paramedici verskeie mense op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Shakespeare ·

“Konfooi” weer seker gejaag soos mal mense. Hulle glo mos die pad behoort aan hulle.

Yvonne ·

Pad reels verontagsaam…ai die mensdom….dissipline is ononderhandelbaar…so lyk gevolge…tragies

pompies ·

Die een swart BMW lyk soos n VIP beskerming ( blou lig) voertuig dan verbaas dit my glad nie sou dit so voertuig wees. Ky die ligte onder voor en in die venster.

Jeffrey ·

Jip, daar was gisteraand wild gephatie met die ANC rallies, paaie was n nagmerrie met heelwat VIP konfooie wat rondgejaag het…het gister juis so n konfooi verby my gejaag…met hul blou ligte en miljoen rand BMW’s en Rangerovers.

JohanR ·

Ek het lank laas ‘n blou lug konvooi hier in die Wes-Kaap met ‘n dom president of ministers en hy/sy lse yf wagte wat dink die pad behoort aan hulle. Is blou lug konvoois verban in die Wes-Kaap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.