Talle beseer toe pawiljoen ingee

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Minstens 20 mense is beseer nadat ʼn pawiljoen in Worcester in die Wes-Kaap inmekaar gesak het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die Esselen Park-stadion gebeur. Niemand is ernstig beseer nie, maar minstens 20 mense het ligte tot matige beserings opgedoen.

“Paramedici het dadelik ʼn nooddiensgebied opgerig van waar pasiënte behandel is. Nadat die beseerdes deur paramedici behandel is, is hulle na verskeie hospitale vervoer,” het Meiring gesê.

Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die pawiljoen inmekaar sak nie. Die voorval sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maggie ·

swak vakmanskap natuurlik, baaintjies vir boeties, as julle verstaan?!

Riekie ·

Onopgeleides wat die tender gekry h!!!!!! Solos dit maar oral gaan!!!!!!!

Albert ·

Transformasie in die boubedryf gaan nog sy tol eis hierdie en soortgelyke insidente oarl is maar die begin.

Ryan Kommentaar ·

Mense…maar die kommentare op Maroela raak eentonig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.