Talle beseer toe rowers op bus toeslaan

Foto ter illustrasie: Greyhound South Africa

Nege gewapende rowers het die naweek buite Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga op ʼn Greyhound-bus geklim en die 49 passasiers van geld, selfone en paspoorte beroof.

Gavin Gates van South African Community Crime Watch (SACCW), ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat misdaad help bestry, sê die polisie het hulle Saterdagoggend net ná middernag na die polisiestasie in Emalahleni ontbied om bystand aan die passasiers te verleen.

Die voorval het sowat ʼn halfuur tevore by ʼn vulstasie aan die N12 in Delmas se rigting gebeur nadat die bus, onderweg van Johannesburg na Emalahleni, Mbombela en Mosambiek, stilgehou het sodat die passasiers ʼn draai kon loop en iets te ete koop.

Net nadat almal terug op die bus geklim het, het nege gewapende mans op die bus geklim.

“Net nadat almal terug op die bus geklim het,” vertel Gates, “het nege gewapende mans op die bus geklim. Dit het geklink asof hulle na een spesifieke ou gesoek het nadat hulle inligting ontvang het dat hy ʼn groot bedrag kontant by hom het.”

Toe die nege nie dié persoon kon opspoor nie, het hulle die passasiers beveel om op die grond te gaan lê, vertel Gates. Van hulle is met vuurwapens oor die kop geslaan en een van die rowers het ʼn skoot in die bus se dak geskiet, moontlik om die passasiers te dwing om gehoor te gee aan hul opdrag.

Die rowers het ook ʼn paar sitplekke uitgebreek, moontlik om plek op die grond vir al die passasiers te maak, en hulle toe van beursies, selfone en paspoorte beroof, vertel Gates.

Nadat die rowers die bus verlaat het, het die bestuurder met sy passasiers tot by die polisiestasie op Emalahleni gery, waar paramedici van hulle vir kop- en ander beserings behandel het.

Ek het erger verwag.

“Van die mense was ʼn bietjie gerattle, maar nie baie erg nie,” vertel Gates. “Ek het erger verwag.”

Die plaaslike blitspatrollie het die bus later tot by die polisiestasie op Delmas vergesel, want die passasiers kon nie hul reis sonder geld en paspoorte voortsit nie.

Jasen Smallbone, hoofbedryfsbeampte van Unitrans Passenger Services wat Greyhound besit, was nie Maandag beskikbaar om kommentaar te lewer nie. Maroela Media wag ook steeds op terugvoer van die polisie oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

sweiz ·

Dit is omdat ons nie regte polisie het wat misdaad kan bekamp nie , die misdadigers verwys na die polisie as twintig rand narre.

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

“Although the police cannot really prevent crime, they can affect crime, both directly and indirectly.” (Page 58)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

ANONIEM ·

Ek hoop hierdie kom by die buite land uit sodat hulle kan sie in watter hel hool ons bly.

Willehond ·

Ek stem saam! Jy kan nie eers in vrede vleis braai nie! Laat die buitelanders maar by die huis bly, hierdie varke kan hulle uitken. Jy kuier nie sonder n vuurwapen aan jou sy in ons “vry land” nie!!!

1+1 ·

‘n Bus vol toeriste is ‘n sagte teiken. Rowers is nie stupit nie. Hierdie tipe busse vervoer mense met geld, maar veral duur elektroniese toerusting.

Vertel my ·

Maar hulle mag nie vir elke ou wat honger raak stop nie .. hulle het ‘n reisplan waarvan hulle NIE MAG AFWYK NIE .. hoe is dit dat hierdie gewapende mans TOEVALLIG by die vulstasie (waar hulle nie van plan was om te stop nie) vir hulle gewag het?

Alida ·

Dit is n tragiese voorval. Ek het ook in die verlede Greyhound gery. As die passasiers terugkeer van die toilette af staan beide bestuurders by die deure. Hulle onthou nie elke gesig nie maar hoe kon hulle nie agterkom hierdie varke was nie op die bus nie.

Oujongvrou ·

Mens kan nie bus ry nie, nie trein ry nie, ook nie per motor nie, nerens is n mens veilig in hierdie land nie. Jy kan nie saans buite sit of braai nie, dis te gevaarlik. Nie eers in jou eie huis is jy veilig nie. ??

Anoniem ·

Terrorisme ! Die lafhartige daad as Jy op so ‘n manier JOU sin wil KRY ! WANT Jy het net eenvoudig nie die GUTS om 1 tot 1 te kom nie ! Terug in die Tagtigs was dit in Owamboland Caprivi en Angola aan die orde van die dag ? ANARGIE (dit het laat geraak in ‘n LAND as die veiligheidsituasie bo verdenking is en TOERISME kry seer)

Snowflake ·

Soos struikrowers!!!! Waarheen is ons oppad??? Hoe sal dit verhoed kan word?? Soveelste geval van passasiers bus aanval!!??

Andre ·

Crime in die land is `n goeie beroep, hulle slaan nou al toe op hulle eie mense maar stem nogsteeds ANC.

Ek het geen meegevoel vir die mense nie.

Jane ·

Volgens my mag hierdie busse nie net buite hulle REISPLAN Stop om mense ‘n draai te laat loop nie, daar is ‘n toilet op die bus. En om te stop sodat iemand iets kan koop en daardeur mense se lewens in gevaar stel is absoluut absurd. Tweedens hoe het hulle geweet van hierdie ‘ryk man’ wat op die bus sou wees met die baie geld en Derdens hoe het hulle presies geweet by WATTER vulstasie om vir die bus te wag sodat die ‘passasier’ ‘n draai kan loop. Ek is jammer maar ek het self vroeer hierdie busse gery, hulle stop vir NIKS< hulle het 'n spesifieke reisplan en mag net by sekere vulstasies stop en dit is alles op 'n reisplan uiteengesit. Dalk het die 'passasier' wat wou stop vir iets om te eet saamgewerk met die gewapende manne, alles is net TE TOEVALLIG!!

Oujongvrou ·

Jane al hierdie busse het sekere stoppe by dorpe. Mense klim af en strek bene en koop iets om te eet. Almal weet waar hulle stop. Ek kan vir jou se waar hulle stop. So vir n struikrower is dit maklik. Wag net geduldig terwyl jy n koeldrankie drink vir die bus.?

Gesiggie ·

Nee regtig…. als raak nou bietjie te erg?? geen veiligheid meer… Bus, vliegtuig, voertuig… waar gaan die Land heen….. Dit maak n mens siek..””

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.