Talle beseer toe taxi muur tref

Die taxi het ‘n baksteenmuur in Randburg getref. (Foto: ER24)

Minstens 12 mense is beseer nadat ʼn taxi Sondag teen ʼn muur in Randburg, Gauteng, vasgery het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het kort voor 12:30 op die hoek van Hill- en Fernweg plaasgevind.

“Drie insittendes was voor in die taxi vasgekeer. ER24-redding en die brandweer moes die pasiënte met lewenskake bevry. Die drie het ernstige beserings opgedoen,” sê Van Huyssteen.

Nog twee pasiënte is ernstig beseer, terwyl sewe ander mense beserings opgedoen het wat wissel van gering tot matig.

“ER24 en verskeie ander nooddienste op die toneel het die pasiënte behandel voor hulle na ʼn hospitaal vir verdere behandeling geneem is.”

Een van die ernstig beseerde pasiënte is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Skyspy007

…………….en wie betaal vir die helikopter????????????? ek en jy!!!!!!!!!!!!!!!

Mallie

En so ry hulle, hulle eie mense dood. BLM????

marius

Het sabta dan helikopters ook ?

Francois

Die regering moet die blaam vat want daar is geen wette vir die taxis so jammer as ek nie simpatie het

Nico

Al weer ‘n taxi, die bestuurder was onder in invloed van alkohol en het te vinnig gery, sodoende beheer verloor oor die voertuig. Die saak word kastig ondersoek en sodoende kom die bestuurder weg.