Talle beseer toe taxi teen versperring bots

Foto; Verskaf.

Minstens 19 mense is beseer toe die taxi waarmee hulle gereis het teen ʼn betonversperring gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Dinsdagaand op die Dinkleman-hoofweg in Kwadabeka in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Toe paramedici omstreeks 19:20 by die toneel opdaag, het hulle die taxi teen die pilaar aangetref. Die beseerdes was almal buite die voertuig,” het Meiring gesê.

Paramedici het die beseerdes ondersoek en vasgestel dat hulle matig tot ernstig beseer is.

“Die beseerdes is op die toneel behandel en dié wat ernstig beseer is, is behandel met pynverligtingmiddels voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.”

Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa B ·

As jy sien hoe ry die taxis hier oor die sypaadjies in die verkeerde bane net om voor te gaan indruk en selfs oor die rooi ligte. Dan is daar diè wat in die regterbaan ry en skielik voor almal indraai sodat hulle links by die volgende straat kan indraai – is wragtig enige iets moontlik.

GM ·

Geen van die passasiers weet wat gebeur het nie, neem ek aan. Die barrier het voor hom ingespring, wat anders?

Wouter ·

Geen ondersoek nodig nie. Roekelose en nalatige ondersoek. Lisensie dalk gekoop of gekaap. Onder die invloed. Enige van bogenoemde sal ter sprake wees.

Peet Schabort ·

So is ook die trekker wat in die modder vasgeval het die skuld gegee. ‘n Kennisgewing by ‘n uitstalling van stilstaande enjins wat werk lui as volg: ‘The enjins have no brains, please use your own’. Daarom het munisipaliteite, regerings en soortgelyke instansies op sigself ook nie verstand en hang dit af van die bestuur wat gaan gebeur. Natuurlik sluit dit ook in die rekenaar waarop ek kommentaar lewer . . .

Seemonster ·

Die 7 of 8 passasiers wat verste agter gesit het, het waarskynlik nie seer gekry nie . . . . :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.