Minstens 48 persone is Maandagmiddag beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn tenkwa, bus en verskeie motors op die N3 sowat 30 km buite Estcourt in KwaZulu-Natal.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die brand- en reddingsdiens is tans op die toneel en besig om die brand te blus om te bepaal of daar enige sterfgevalle is.
Vier persone is in ʼn kritieke toestand en 44 persone het geringe tot ernstige beserings opgedoen.
Meer inligting volg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Dit is verbasend hoeveel van hierdie trokdrywers op hul selfone is terwyl hulle bestuur! As jy hulle egter op sosiale media aanvat daaroor word jy uitgeskel vir al wat sleg is maar besef nie dat hulle mense se lewens in hul hande het nie!
Hier was hoë spoed betrokke.
vreeslik baie ongelukke op die pad deesdae…
Daardie pad is ń absolute riller! NET trokke wat jaag. Padwerke galore. 3 bane se verkeer word in 1 baan gedruk. Trokke jaag jou vd pad af. GEEN verkeerspolisie in sig. Ek weet. Gister weer daar gery oppad Dbn toe. Gesien hoe is trokbestuurder besig om op sy selfoon te tik.