Talle beseer toe trein ontspoor

Talle beseer toe trein ontspoor (Foto: Verskaf)

Minstens tien mense is beseer toe ʼn trein Vrydag in Bellville in die Wes-Kaap ontspoor het.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê talle mense het glo paniekerig geraak toe die trein gedeeltelik ontspoor het by die platform, en van die trein af probeer spring. Die mense het in die proses verskeie beserings opgedoen.

Dollman sê dit is nog nie in dié stadium seker hoekom die trein gedeeltelik ontspoor het nie.

Volgens hom net Netcare 911 en ander nooddienste die tien beseerdes op die toneel behandel.

Dollman sê twee vroue, wat beserings aan hul bene opgedoen het, is deur Netcare na die hospitaal vervoer. Die ander agt beseerdes is deur die provinsiale nooddienste na staatshospitale geneem.

ʼn Ondersoek na die voorval is van stapel gestuur.

Dit is onseker of die trein steeds oor die naweek buite werking sal wees en hoe lank dit sal neem om die ondersoek te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johannes van Staden ·

Wel die hele SA het ontspoor en sowat 47 mil is beseer !

Gys ·

As jy kyk wat se veiligheids maatreels op die treine is is ek verbaas nie meer het seer gekry nie. Treine is oorlaai , pendelaars word toegelaat om tussen die waens te staan op die kopel arms, hulle hang aan die agterkante van waens , deure wat nie toemaak nie . Daar is geen beheer oor hoeveel mense op die trein wag wees nie. Ons kla oor oorlaaide taxis maar die treine is nog erger. Dit word net nie gesien nie want hulle is nie op ons paaie nie.

Asjas ·

Destyds toe ek begin werk het kon jy nog van trein of bus dienste gebruik maak. Deesdae as jy nie jou eie voertuig besit nie is jy as witmens geskroef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.