Talle beseer toe winkelsentrum in Bloem se dak ineenstort

Gedeeltes van die plafon het meegegee (Foto: SABC News Free State/Twitter)

Sowat 14 mense is beseer toe ʼn winkelsentrum in Bloemfontein se plafon Woensdag laatoggend ineengestort het.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, het bevestig dat chaos uitgebreek het toe ʼn gedeelte van die plafon van die Central Park-winkelsentrum in Bloemfontein se middestad meegegee het. OFM het berig die dak het naby Pie City en voor Pep Stores inmekaargesak.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, het sowat 13 mense geringe beserings opgedoen. Een persoon se enkel is gebreek en is vir behandeling saam met die ander beseerdes na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem.

Die dak het voor Pep Stores inmekaargesak (Foto: Verskaf)

Khedama sê die stad se inspekteur het die eienaars van die gebou van die voorval in kennis gestel om die oorsaak van die ineenstorting te ondersoek en te sê hoe hulle die situasie gaan regstel.

“Die stad se beplanningspan wag vir ’n verslag van ʼn kwalifiseerde bou-ingenieur om die oorsaak van die ineenstorting te bepaal. Tot dan sal die deel van die winkelsentrum wat geraak is, gesluit bly,” sê Khedama.

Khedama het gesê die Interstate-busdiens, wat sy onderneming vanuit die winkelsentrum bedryf, se dienste sal nie onderbreek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sandy ·

Dit lyk erg. Dit is omdat alles vandag vinnig opgerig word. Nie soos in die verlede dat ‘n winkelsentrum maande gevat het om op te rig nie. Vandag ry jy verby ‘n lee plot, more staan daar ‘n winkelsentrum.

Nettie ·

Oe ……………… hier kom GROOOOOOOOOOOT eise vir persoonlike beserings, pyn, lyding, verlies aan inkomste, “tenant reinstatement”, verlies aan omset ens. ens. Dit is waarom winkelsentrums seker maar versekeringsdekking van etlike duisende rande per maand betaal ….

John ·

… en nou soek hulle ‘n gekwaifiseerde bou-ingenieur… in Bloemfontein nogal. In daardie stat geld g’n bouregulasies. Huise word verkwansel sonder elektriese inspeksies en almal bou tot teenaan heinings. So twee jaar gelede het die dak van ‘n winkelsentrum in die noorde weens ‘n erge donderstorm meegegee. Bloemfontein gradeer hom sommer self af na rommelstatus… dis gouer en goedkoper… home made…

Kallie ·

Die bou ingenieur beskik oor ‘n BA in politieke wetenskap en sosiologie. En ‘n diploma in openbare betrekkinge. Baie bekwame man.

Sê net ·

Ek sien hier in Pretoria word ook deesdae net spoeg en spykers gebruik om die sentrums uit te brei. Almal baklei vir die paar rand wat nog in omloop is, so die sentrums word op die goedkoopste maniere denkbaar opgetof. Een van die dae tref soiets ook ‘n sentrum of twee in Pta.

Hmmmmm.... ·

daar was al paar sulke tipe voorvalle inPretoria en Centurion…. party al 15+ jaar gelede gebeur….

Erik ·

Ek bly in Bloemfontein en moet ongelukkig saam met John hierbo stem. Die stad is vuil en min reëls word toegepas. Swartsakke word uitgesit, maar dae later eers opgelaai en nooit op die dag wat dit moet nie. Bouregulasies geld nie – niemand inspekteer nie. Daar is sekere woonbuurte met hul eie assosiasies waar dit goed lyk, aangesien die assosiasies die werk van die munisipaliteit doen. Ons het bv. privaat dromdienste en ‘n 5000l tenk met pomp wat gereeld inskop wanneer die water af is. Hier is nog goeie skole en hospitale, maar die munisipaliteit kon net sowel nie gewees het nie. Dis jammer, want jare gelede, selfs nog in Lekota (toe hy premier was) se dae, was Bloemfontein uiters netjies en agtermekaar.

Johanna Botha ·

Ag nee dit gebeur nou net te gereeld …hospitale winkelsentrums …bee seker weer …die hele land val inmekaar !

Susan vl ·

Lank laaaaaas gehoor dat dit is agv Jan van Riebeeck. Ai ai.. swak manskap. BEE NE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.