Talle betogers vas oor plundering

handcuffs3-320x257Twintig mense is in hegtenis geneem tydens diensleweringsbetogings in Maake naby Burgersdorp in Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is in hegtenis geneem nadat daar beweerde gesteelde goedere in hul besit gevind is. Hy sê die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Maake-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met plundering.

Mulaudzi sê die polisie het op duisende rande se kruideniersware, meubels, boumateriaal en elektriese toestelle beslag gelê wat tydens die betogings van buitelandse winkeleienaars gesteel is.

Genl.maj. Berning Ntlemeza, waarnemende provinsiale polisiehoof, sê talle van die arrestasies volg na wenke van die gemeenskap. “Die samewerking wat ons van lede van die gemeenskap gekry het is ʼn duidelike aanduiding dat nie almal by die gruwelike kriminele dade betrokke is nie en dat hulle streef na ʼn rustige en misdaadvrye gemeenskap.”

Ntlemeza het ʼn beroep gedoen op die publiek om die polisie te help om nog arrestasies te maak.

Die diensleweringbetogings in Maake het Donderdag begin. Die polisie het Sondag steeds die gebied gemonitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.