Talle dakloos gelaat ná munisipaliteit hul strukture sloop

Een van die strukture wat gesloop is. Foto: ANA.

Talle gesinne is dakloos gelaat ná die strukture waarin hulle gewoon het Woensdag gesloop is.

Minstens 19 plakkershutte is tydens die uitsetting by Reutlwile View in Zinniaville in Rustenburg gesloop.

Die balju het saam met polisie en veiligheidsbeamptes met hamers en koevoete by die nedersetting opgedaag.

Die strukture is glo onwettig op iemand anders se grond opgerig. Dit is vernietig, maar die inhoud is onaangeraak gelaat.

Tsietsie Mohulatsi, gemeenskapsleier, het gesê die munisipaliteit in Rustenburg het ʼn hofbevel bekom om die strukture te verwyder.

“Die munisipaliteit het gesê hierdie hutte is opgerig op grond wat reeds gekoop is,” het hy gesê.

Hy het egter verduidelik dat dié hutte beskerm word deur ʼn hofbevel aangesien die gemeenskap die reg “gewen” het om daar te woon ná ʼn regsgeding met die munisipaliteit.

Woedende inwoners het gesê hulle gaan die strate in die loop van die aand versper aangesien hulle nou nêrens het om te slaap nie.

Andrew Seome, woordvoerder vir die munisipaliteit, het aan African News Agency gesê hy kan nie onmiddellik kommentaar lewer nie aangesien hy nie van die uitsetting geweet het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Petru Pietersen ·

Ek stem saam dat dit reg is wat gedoen is. Die mense het nie die reg om op ander mense se eiendom te kom bly as hulle nie dan daarvoor betaal nie. Net soos ons wat werk om ons blyplek te betaal, kan hulle ook. Ek wil ook dan verniet op iemand anders se grond gaan bly, verniet water en elektrisiteit ook hê.

Mea ·

Mens wonder ook net wie voorsien die plakkers van splinternuwe sinke om die ‘huisies’ mee te bou…

Danie Basson ·

Die mense het regte. Dit kan mos nie gedoen word nie. In Kempton Park kan die Glen Marikana plakkers as voorbeeld dien. Hulle regte word gerespekteer.

Mrs H ·

Stuur jou addres vir die dakloses daar Danie. My reg tot privaatheid en besit van eiendom is vir my bietjie meer belangrik.

Willie ·

Wonder ook, hulle kom altyd aan met nuwe sinke en bouware…

marous ·

Daar was genoeg geld om vir elke mens ‘n steenhuis te bou ,met water en sanitasie geriewe. Daar was genoeg geld om skole en hospitale te bou en vol te hou met toerusting en gekwalifiseerde personeel. daar was genoeg geld om instandhoudingswerk te doen . Daar was genoeg geld om te sorg dat die land nie sonder krag sit nie. Daar was genoeg geld om riool aanlegte te bou en in stand te hou. Daar was genoeg geld om damme te bou . Daar was genoeg geld om sosio ekonomiese probleme hok te slaan . Daar was genoeg geld om langtermyn werkskepping te verseker.Daar was genoeg geld om korrupsie dadelik vas te vat . Maar nee …die mense van die land het verkies om diegene wat dit geplunder en in skerwe gebreek het te ag as hul redders en meesters en sal hulle NOOIT blameer vir die totale gemors waarin almal sit nie.

leon ·

Dakloos gelaat!!

Die mense is skuldig aan betreding. Hulle kaap ‘n ander se grond. Waar het die mense die vorige aand gelaap. Mafikeng? Carltonville? Iewers in die Oos Kaap? Of miskien Zim, die DRK of SAR?

Geen simpatie, jammer.

Arak ·

Ek stem, uiters misleidende opskrif. Wat van “onwettige grondgrypers verwyder”.

Koos de Meyer. ·

Die regering het mos gesê hulle kan mos maar grond vat.

Johan ·

Danie, en die eienaar van die grond waarop die onwettige strukture opgerig word het ook regte. Dit is nie net oprig van onwettige struktuur (geen water geen sanitasie) op grond wat nie syne is nie – dit kom neer op diefstal dan van die grond. In die geval weeg die eienaar van die grond se regte swaarder as die betreders se “regte” – watse regte het die betreders in elk geval?

Archie Kruger ·

Ek stem saam oor die misleidende opskrif. Dit gaan nie oor die mense wat dakloos gelaat is nie maar oor die onwettige betreding van grond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.