Talle dakloos ná brand uitbreek

Argieffoto

Nagenoeg 150 mense is dakloos gelaat nadat ʼn brand Maandagoggend in ʼn informele nedersetting in Johannesburg uitgebreek het.

Die brand het in die vroeë oggendure in Kathradapark in Claremont uitgebreek en nagenoeg 50 strukture tot op die grond toe verbrand. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep gedoen op dringende rampverligting vir die slagoffers.

“Diegene wat nou haweloos is, het alles verloor en benodig verligting om hul lewens te herbou,” het Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, gesê.

Mahlangu het die departement van binnelandse sake en die departement van maatskaplike ontwikkeling versoek om inwoners te help om hul identiteitsdokumente en toelaagkaarte so gou moontlik te vervang.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die brand is vermoedelik veroorsaak deur ʼn kers wat sonder toesig in een van die plakkershutte gebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leser ·

jammer vir diegene wat alles verloor het
nou moet daar gehelp word met id kaarte en “TOELAAG” kaarte
hoeveel het nooit so-iets gehad nie
lekker in suidelike punt van afrika

Estelle Leeuwner Claassens ·

Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Die verkeerdes het moontlik nou pak gekry, maar hulle moet dan help om die ander onwettiges tot orde te roep!

Zimmie ·

JA die DEPARTEMENT moet maar inspring en help. Ek sien darem Mahlangu het alles onder beheer. Ek is bly om te sien dat julle die mense gaan ondersteun. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.