Talle diere in Vrystaatse veldbrand dood

Die veldbrand in die omgewing van Hertzogville (Foto: Verskaf)

Talle diere waaronder beeste en wild is dood toe die veld Sondagmiddag in die omgewing van Hertzogville in die Vrystaat aan die brand geraak en in die rigting van omliggende dorpe versprei het.

Daar word in dié stadium vermoed dat die vernietigende brand ontstaan het weens buitebande wat aan die brand gesteek is tydens ’n betoging op die R708 tussen Hertzogville en Christiana waarna die vlamme in die rigting van Bultfontein, Hoopstad en Dealesville versprei het.

Die polisie wou nie in dié stadium bespiegel oor die oorsaak van die brand nie.

Johan du Plessis, ’n deeltydse boer, sê hy kon genadiglik daarin slaag om baie van sy diere in die doodsnikke uit kampe te jaag voordat die brand die meeste van sy weiding, sowat 1 100 ha, verwoes het.

Du Plessis tel in dié stadium nog sy kudde op die plaas sowat 12 km buite Hertzogville, maar kon tot dusver vasstel dat al sy jong bulletjies (11) in die brand dood is. Hy het moontlik nog sowat tien koeie en verse verloor, skat hy.

(Foto: Verskaf)

“Daar is nog ’n hele klomp wat sleg gebrand het.”

Indien dié diere nie behandel kan word nie, sal noodslagtings uitgevoer moet word, sê hy.

Tog beskou Du Plessis homself as baie gelukkig vergeleke met ander boere in die omgewing. “Hier is baie mense wat diere verloor het.”

Daar is sprake dat een boer tot 100 van sy beeste verloor het terwyl die brand ook verwoesting in ’n wildskamp gesaai het.

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy dra geen kennis van veldbrande wat deur betogers veroorsaak is nie.

Hy sê hy is wel bewus van “ontwrigtende optrede” wat Sondag in die informele nedersetting plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Thea ·

Ek wonder hoeveel mense gaan gearresteer word? O nee wag, in SA is dit mos net ‘n one way street wat die gereg aanbetref. Slegs vir sommige mense in ons land is die gereg van toepassing.

Pieter ·

nou kom ons sien wat gebeur met hulle- polisie gaan niks doen nie, al is die 1000 keer erger as wat enige boer al ooit gedoen het op Senekal. (Velkleur is die voorkeur).

Christell ·

dit is hartverskeurend, tragies maar weereens sal niks gedoen word nie, ekt groot geword in Hoopstad, reeds soveel diere wat dood gebrand het en plase met alle wyding wat vernietig is, hierdie mense ken ek persoonlik en ‘n knop sit in my keel ….dit is absoluut gewentenlose gedrag.

Misky ·

Ek het werklik nie meer woorde nie en in my hart, huil ek net en hoeveel kan ons boere nog vat en trotseer. Julle is werklik sterk mense en ek raak al so moedeloos om net na al die terugslag te lees, wat nog te beleef. Ek bid daagliks vir julle en dat Ons Liewe Vader julle sal onderskraag en krag gee vir elke nuwe dag met al sy beproewinge.

Dries ·

Nog oproeriges. Hoop die standaard wat die afgelope week gebruik was vir die arrestasie van oproeriges gaan ook op hierdie oproeriges toegepas word.

Ann ·

Destyds toe Platberg in Harrismith gebrand het, het ek gesien en ervaar hoeveel skade boere kan ly as gevolg van brande. Na dit het daar nog ‘n brand op omliggende plase ook uitgebreek, en die verwoesting was angswekkend en hartseer. Ek het groot boere sien knak en huil oor hulle vee.

Kokerboom ·

Terrorisme???!!!!!Waar was SAPD? Handegevou staan en toekyk. Bang vir kaders?!!Pateties

Retha ·

Sogenaamde Brigadier, dra geen kennis van oproeriheid wart brande kon veroorsaak nie. Pateties verby, maar ons dra die rang

Carina ·

Natuurlik weet die polisie van niks. Alles wat met ons boere te doen het word mos toegevee en afgelag. Dit gebeur mos glad nie. Daar sal ook geen arrestasies wees nie, die betogers bestaan nie, hulle was nooit daar nie. Pragtig man, pragtig. Gaan so voort.
Wonder wat gaan julle sê as die winkelrakke leeg is, geen vleis, geen meel, ens, ens. Weet julle hoeveel van die mense weet nie eens waar al die kos vandaan kom nie? Party weet nie eens Kentucky kom van hoenders af nie, hoenders wat deur boere groot gemaak moet word. Nee wat, lost case. My innige meegevoel met al die boere wat vee en weiding verloor het. Dis net nog ‘n spyker in ons land se doodskis.

4ntj13 ·

Op ʼn stadium het ek hulle die vuurhoutjie-aanbidders begin noem. Die mense wat alles met vuurhoutjies probeer regstel, maar daarmee niks omgee vir mens of dier nie. LW, hulle het selde beheer oor die meeste van hul vure. Dit pas hulle dat ander dit vrees. Hulle hou ook meer van steenkool-krag as sonkrag, byvoorbeeld, want daarin is ook meer om weg te steek. In die winter maak hulle ook rook eerder as om warm aan te trek, of ʼn kombers om te draai. Verkieslik waar dit ander pla, of in ʼn toe vertrek.

Esta ·

Hierdie is dalk nou ‘n ander manier om die boere skade aan te rig ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.