
Argieffoto: Kent Williamson
Drie mense is dood, een in ʼn kritieke toestand en vyf ernstig beseer, ná ʼn onbekende man Donderdagmiddag op inwoners van ʼn nedersetting in Isipingo in KwaZulu-Natal losgebrand het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit lyk volgens die toneel of die man eenvoudig net begin skiet het op die mense. Die voorval het 16:00 oorkant die Pilgrim-treinstasie plaasgevind.
“Toe die paramedici daar aankom en die gewondes ondersoek, het hulle gesien drie mense is dood, een in ʼn kritieke toestand en vyf ernstig beseer,” het Botha gesê.
Die pasiënte is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.
Volgens Botha het die polisie die gebied gefynkam vir nog beseerdes. Die omstandighede rakende die voorval sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Mense is gatvol en gaan begin onverantwoordlike dinge doen, want die wat verantwoordlik behoort te wees wil nie.
Dis nie die eerste keer nie, die 2de Junie is drie mense in ‘n huis in dieselfde nedersetting doodgeskiet. Hulle was blykbaar sekuriteitsmanne. Ek wonder wat gaan daar aan? Is dit bende geweld?
Ek stem saam met Esmarie, die mense is keelvol want die regering doen niks om te regeer. Oral neem mense reg in eie hande.
Wats die ras v.d. aanvaller en die slagoffers?
TDW ek stem 100% saam met jou.