Talle sterf in nog ʼn busongeluk op N1

Paramedici het 34 pasiënte op die toneel bestendig voor hulle na verskeie hospitale gebring is. Foto: Netcare911

Minstens tien mense is dood en 34 beseer toe ʼn bus vanoggend vroeg op die N1 tussen Polokwane en Mokopane omgeslaan het.

Konst. Mienkie Ramakgoakgoa, polisiewoordvoerder, sê beamptes is op die toneel naby die Ranch-hotel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Volgens Tebogo Magoro van Netcare 911 het paramedici die groot passasiersbus op sy sy aangetref in die veld langs die nasionale pad, sowat 20 km suid van Polokwane. Tien sterfgevalle is bevestig.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê beamptes van verskeie nooddienste het talle passasiers rondom die bus aangetref wat uit die voertuig geslinger is. “Paramedici het die beseerdes ondersoek en vasgestel dat tien mense aan veelvuldige, noodlottige beserings beswyk het.

“Nog 34 pasiënte is ondersoek,” sê hy. “Vyf het ernstige beserings opgedoen, terwyl 29 se beserings matig tot gering was. Nadat paramedici hul toetand op die toneel bestendig het, is hulle vir dringende behandeling na verskeie hospitale gebring.”

Ramakgoakgoa sê die bus was blykbaar van Harare na Gauteng onderweg, maar sy kon nie die presiese tyd van die ongeluk bevestig nie. “Die pad was enkele ure lank gesluit, maar is intussen heropen,” het sy Vrydagoggend aan Maroela Media gesê.

Dit kom na Maandagoggend se busongeluk waarin 11 mense gesterf het en meer as 30 beseer is.

Die bestuurder van dié bus, wat met meer as 30 passasiers van Zambië na Gauteng onderweg was, het omstreeks 06:30 op die N1 suid van Mookgophong beheer oor die voertuig verloor, vermoedelik nadat ʼn band gebars het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Henk ·

Baie jare terug het n toerbus buite Lydenburg met toeriste verongeluk. Die wet is aangepas en die busse beperk tot 80 km/h. Hierdie toerbusse ry net so erg soos taxi’s!!!

Andre ·

Waarom is al die mense oppad na Suid Afrika. Vlug hulle van die lande waar hulle in beheer is of is hulle toeriste wat so graag geld in Suid Afrika kom spandeer. Die bestuurders se lisensies is gewoonlik ‘n ander saak, dan is daar padwaardigheid ens. Hoop nie Suid Afrika se Padongeluksfonds (ons) moet weer betaal nie. Ons betaal reeds vir die hospitaal kostes want ek glo nie dit word verhaal van die lande van herkoms nie.

Chris ·

Andre die berig lei da is 10 mense dood , so dis 10 gesinne wat in rou gedompel is vandag en jy is gepla oor geld . As of dit jou nou ekstra belasting gaan kos die einde van die maand .

Nettie ·

@Chris, dit gaan iemand êrens iets die een of ander tyd (aan belasting) kos – hierdie mense wat so ingevoer word vanuit Middel- en Noord-Afrika. Moenie vir een oomblik dink dat hulle ‘net kom werk’ of ‘net kom kuier’ nie. Hulle kom om hier te kom bly (die ANC voer hulle in vir volgende jaar se verkiesing) en as hulle hier bly, maak hulle gebruik van die infrastruktuur en dienste (wat eintlik vir gebore SAners bedoel is), wat deur die belastingbetaler gefinansier word. EN NATUURLIK moet die POF opdok en hospitalisasie-kostes dra, asook eise vir finansiële verlies asook pyn en lyding uitbetaal, so daar trek die belastingbetalende Suid-Afrikaner maar wéér aan die kortste end ………..

JANEE ·

Dit is baie hartseer. Ek weet egter dat Intercape se busse deur streng padwaardigheids toetse gaan en alles menslik doen om hulle passasiers by testaan . Ongelukke gebeur…dit jammer

Speedcop ·

Min mense sal my verkeerd bewys…… Die busse is onpadwaardig en in meeste gevalle is daar net een bus drywer wat nie afgelos word nie. Met ander woorde hy is uitgeput endan is n ongeluk onafwendbaar.Ek wonder soms ook oor die bus drywers in ons en ons buurlande se bevoegdheid om te kan bestuur, hulle kan dalk die nodige lisensies he maar dit kan gekooptes ook wees. Net jammer die onskuldige passasiers moet daar onder ly. Weereens ons korrupte regering se skuld.

Antoinette ·

*Henk ek stem saam met jou. Het n paar maande gelede terug gery van Port Elizabeth na Johannesburg en die busse ry vreeslik vinnig en onverskillig. Dit verbaas my glad nie dat daar nou nog n bus ongeluk was wat mense se lewens geeis het nie. Die bus maatskappye moet kyk na hierdie probleem. Dit is amper alweer Desember en dan gaan die mense huis toe op die busse.

Piet Pompies ·

Daar moet ‘n wet wees wat alle publieke vervoer voertuie verplig om oor ‘n “Tracking device” te beskik. Hierdie toestel moet werk op die konsep van ‘n vliegtuig se black box en onder meer die spoed, versnelling en rem monitor van die voertuig monitor. Die eienaar van die voertuig moet ‘n waarskuwing kry vanaf die toestel indien enige van hierdie reels oortree word. Hierdie waarskuwing deur middel van selfoon sein word gestuur na die beheerkamer van die maatskappy wie se voertuie dit is.
Ons paaie sal dan baie meer veilig wees…

JANEE ·

Intercape recognises that passenger safety is at the core of our sustainability and is therefore a top priority. Intercape not only adheres to, but exceeds the stringent safety standards required by the passenger transport industry. Intercape operates seven technical depots throughout South Africa and safety checks are carried out before each and every departure.A voluntary three-monthly certificate of fitness is performed in terms of Intercape standards, instead of the prescribed six-monthly one required by law.

Some of the latest technology and measures Intercape utilises to enhance and assist safety measures include:

Subjecting our fleet to A-Grade Certificate of Fitness tests, including brake tests on a continuous basis.
State-of-the-art brake test stations have been installed at our major maintenance depots.
Our professional drivers are trained and continuously re evaluated by our in-house TETA-accredited
Training Academy.
Satellite tracking devices are fitted to all vehicles and monitored on a 24/7 basis.
Drive Cam technology is installed on the coach windscreens to monitor and manage driver behaviour.
A drivers must sign a declaration stating that they are fit and rested before commencement of a trip.
Each professional driver has to undergo an alcohol breathalyzer test before and after each trip.
Enforcing a strict driver-hour management programme to eliminate driver fatigue.
Zero tolerance for speeding. Drivers are not allowed to exceed 95km/h where the prescribed speed limit is 100km/h for passenger transport vehicles.
Additionally the Intercape standard is 45km/h when driving on a mountain pass.

DVL ·

Ongelukkig ry die busse en trokke baie onverskillig op die stuk pad. Ek ry ten minste twee maal ‘n maand vroeg oggend deur Polokwane toe en die manier wat part van hulle ry is om van siek te raak. Ry 120km/ph en hulle kom verby jou of ‘n trok of bus sal ander een verbygaan op opdraande teen 80km. Meeste van die ongelukke is bestuurders wat te vinnig ry in my opinie. Ek het al menige rympies opgese op die pad tussen PTA en PLK en dan praat mens nie eers van die motoriste nie.

Lou ·

Piet daardie toerusting bestaan reeds. Die groot vervoer maatskappye gebruik dit almal. Hulle weet as die drywer stop, die kajuit se deur oopmaak, te vinnig ry, skielik rem of afwyk van die goedgekeurde roete. Dit is maar net ‘n geval van die wil om die toerusting te installeer is nie daar nie.

thelsa ·

Jammer vir die onkunde.
Die berig meld niks van Intercape Busdiens nie.
Is daar iewers ander inligting bekom wat nie in die berig vermeld is nie?

Karen ·

Met ander woorde die bus bestuurder het aan die slaap geraak.

pbotha ·

Vriende…ek her maandag oo die eerste ongeluk afgekom net buite Naboom…glo my…nie iets om oor ligsinnig te raak nie. Dit was skrikwekkend…mense oral in die veld .. papoas en mammas en kinders…die hartseer onuitspreeklik. Kom ons bid vir daardie gesinne!!
Rede vir die ongelukke? eenvoudig. ..spoed en uitputting. So jammer dat onskuldiges so moet sterf

Louise ·

Baie jammer om te hoor van die ongeluk en verlies van lewens. Ek kan nie van ander busdienste praat nie, maar ek haal my hoed af vir elke busbestuurder van Interkaap. Baie jare lank gee hulle my en my familie net die beste diens van en na Namibië. Nooit het ‘n Interkaap-bus waarop ek was in al die jare gebreek nie. Daardie manne is toegewyd en verantwoordelik; hulle ure is lank en hulle verantwoordelikheid groot. Daar is altyd ten minste twee bestuurders op ‘n bus. Ja, spoed kan ‘n faktor wees, want vir die gerief van passassiers moet daar by bepaalde aankoms- en vertrektye gehou word. Dit plaas sterk druk op die bestuurders. Onverantwoordelik het ek hulle egter nooit ervaar nie. Altyd bedagsaam, altyd professioneel al is die pad hoe lank. Ek is innig dankbaar vir hulle bekwame diens wanneer ons hulle ookal nodig gehad het. Baie sterkte aan alle familie en betrokkenes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.