Talle dood in reusebotsing op N3

Die ongelukstoneel op die N3 naby die Barry Marais-afrit in Vosloorus. (Foto: ER24)

Minstens sewe mense is dood en sowat 20 beseer in ʼn massiewe botsing Maandagmiddag op die N3 naby die Barry Marais-afrit in Vosloorus, suid van Boksburg.

Verskeie nooddienste is steeds op die toneel waar minstens vier vragmotors en vier ligte voertuie in die botsing betrokke was.

Emer-G-Med het op Twitter gesê sewe mense is op die toneel dood. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê egter nege mense het in die botsing gesterf en minstens 20 is beseer.

Volgens Meiring het ER24 se paramedici om 13:10 op die ongelukstoneel aangekom. “Talle pasiënte het verspreid oor die pad gelê en verskeie was nog in die onderskeie voertuie vasgekeer,” sê hy.

Meiring sê die beseerdes se toestande het gewissel van geringe beserings tot kritiek. “Paramedici van verskeie nooddienste het pasiënte op die toneel behandel en gespook om kritiek-beseerdes te stabiliseer. Die beseerdes is daarna na verskillende nabygeleë hospitale gehaas.”

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Alweer ·

So daar’s weereens taxi’s en vragmotors betrokke. En natuurlik is baie onskuldige mense hierdeur geraak en ‘n klomp is oorlede. Die paaie in suid afrika is seker die gevaarlikste in die wêreld. Alle simpatie aan hulle gesinne.

Penellope Jones ·

Spoorvervoer moet teruggebring word!
In meeste botsings is vragmotors betrokke!

Irene Myburgh ·

Ek stem vir spoor vervoer INDIEN alle spoorlyne nog daar is en nie weg gedra is nie

Adri ·

Spoorvervoer sal die oplossing wees, maar dan moet die stelsel en die personeel bevoeg wees om dit te hanteer!

Christo ·

Baie tragies om dit te lees, ma dit is net spoed wat dit so erg kan lyk.

Asjas ·

Ek het gister op daardie snelweg gery, ek het ‘n klein karretjie, ek was in die middelste baan. Op ‘n stadium het ek vreeslik benoud gevoel, ek was omring deur vragmotors, een aan elke kant, voor en agter my. Ek kon nie voor my sien nie, ek sien net vragmotor, ek kon nie agter hom uit nie want ek is ingeboks, wragtig sal die een aan my regterkant sy flikkerlig aansit en oorbeweeg na my baan!! Al wat ek kon doen is vreeslik hoot. Die oomblik wat ek kon is ek daar uit en het teen tempo hewig daar weg gejaag, spoed het my lewe gered!! Toe ek ingeboks was het ons tussen 80 en 100 gedoen, ek was nie haastig nie maar ek het hastig geword …
Nie alles kan per spoor vervoer word nie maar die hoeveelheid trokke op paaie moet verminder.

Marcelle Joubert ·

Ja, nêrens in die hoofberig word taxis genoem nie, maar ek sien twee. Voordat die taxis en vragmotors nie in die bek geruk word nie, sal hierdie slagtings nooit stop nie.

Pieter ·

Voordat arrogante bestuurders van voertuie wat sommer voor vragmotors inswaai nie vasgevat word nie…..Los nou ‘n slag die vragmotors uit, ek is moeg daarvoor. Hoe kleiner die kar hoe groter die houding.

Ps. Spoorvervoer is so dood soos baie mossies.

Malva ·

Stem saam… sien daagliks hoe voertuie voor vragmotors inswaai sonder inagneming van vrag/momentum ens… kortweg te selfsugtig om ander in ag te neem. Groot respek vir meeste vragmotor bestuurders wed weinig kapokkies in duur duitse motors sal ‘n vragmotor met sukses kan hanteer.

Wilna Scholtz ·

Pieter ek stem 100% saam met jou. My man was sy hele volwasse lewe werk saam in die padbou konstruksie. Hy het altyd gese jy vat nie n kans met n trok nie, die tronk kan nie vinnig stop soos n motor nie. Ek dink nie die treindiens gaan weet geleef nie, te veel skade aan spoorlyn. Boksburg Oos stasie is n plakkerskamp, mense bly tot in die toilets.

Blackie ·

Ek stem saam! Dis nie altyd die vragmotor bestuurders nie. ‘n Vrag van ‘n paar ton maak dat daar nie dadelik reageer kan word nie, mense swaai voor vragmotors in, steek hulle verby op sperstrepe en en en.

Chris Ws ·

Die werklike oorsaak van die reuse ketting botsing is nog nie bekend nie.Wat wel ‘n faktor is is onvoldoende volg afstand vir die snelheid waarteen die voertuig beweeg.Dit maak jou reaksie tyd om nie in die voertuig voor jou vas te jaag nie net onvoldoende en so is ‘n botsing onvermydelik.Vragmotor of motor die wetenskap geld vir almal.

Boerin ·

Pieter is dit die klein karretjie wat uitgebrand het wat die ongeluk veroorsaak het? Ek probeer nou net jou argument verstaan…aangesien daar ook 2 ongelukke verlede Vrydag was in Mpumalanga waarby vragmotors betrokke was,hulle was duidelik die skuldiges…noem dit net, almal wat so beskuldings rondgooi…ons ken nog nie die feite nie! Maar verseker is die taxis en vragmotors hier in Gauteng vd onverantwoordelikste bestuurders wat jy kan kry….!

Thys ·

Graag wil ek ook iets in di emmer gooi,mense di wat ni weet ni ek is ook ‘n vragmotor bestuurder julle sal ni kan in julle wildste drome weet watse padvarke kry mens ni net van taxi’s ni maar di alledaagse mensdom ook,hulle jaag voor jou in stop ewe skielik sonder enige tekens van ons trokke kan maar net 80 op di oop pad ry,ja daar is wat oopgestel is wat vinniger ry maar dink vir een oomblik as jy mnr of mev of taxi voor my kom ewe skielik rem trap vir onbenullighede kan ek ni soos ‘n kar onmiddellik dood stop ni want di vrag wat jy sleep is ‘n paar ton en dit stoot jou nog ‘n paar meter verder, in di dorpe is ons net gemagtig om 40 te ry en ander areas is jy toelaatbaar vir 60,so van my kant af en ek vra namens al di ander trok drywers asb Moeni altyd di trokke di skuld gee vir pad ongelukke ni dis ni altyd ons skuld ni kyk bietjie na di taxi’s asook di kapok haantjies EN hennetjies wat dink jy moet altyd vir hulle sorry se as jy onskuldig is en hulle di foute gebegaan het-so mense dink 2keer voordat di arme trokke altyd geblameer word,julle het geen benul wat se stres het ons drywers wat partykeer vir julle moet dink ni

Johnny Bee ·

Thys, Ek stem met jou saam. Vragmotorbestuurders het veel meer eise waaraan hulle blootgestel word as byvoorbeeld ‘n vlieënier wat in ‘n geordende omgewing vlieg.

MIN, maar baie min, motorbestuurders sal ‘n vragmotor of bus met sukses kan bestuur. Die grootte, monentum, draaisirkel, breedte, verlengde stop-afstand en vele meer is dinge waarvan Jan Alleman nie weet nie of hulle nie aan steur nie.

Hoed af vir ons ‘langpadriddders wat deur die massa-motorbestuurders geiiriteer, frustreer en kasty word met hul onkunde, swak gedrag en beperkte bestuursvaardighede en -ondervinding.

lanie ·

Ek sien daagliks hoe taxis en vragmotors net hulle flikkers aansit en voor jou in ry. Verbasend dat jy moet gee pad en hulle die paaie oorneem. Een, ek dink hulle noem dit n link, het gister oor n rooi lig reg voor die aankomende verkeer in gedraai en gee nie n duit om oor die ander voertuie nie.

Asjas ·

Meeste trokke se 80km agterop maar ry ver oor die spoed grens.
Ek wat by die spoedgrens hou het al menigte trokke gekry wat dink hulle kan my bang maak deur op my stert te ry.
En dan wil ek graag by trok drywers weet, omdat jy langer vat om tot stilstand te kom, gee DIT jou die reg om oor rooi verkeersligte en stopstrate te jaag??

Priscilla ·

Spoed en voertuie ry te na aan mekaar en kannie betyds reageer nie. Trokke kannie so gou as karre stop nie…..

Perabuis ·

Mense, mense, mense, Ek stem saam oor drie vragmotors en die taxi’s en die karre. Dit was weereens ‘n veldbrand wat sig belemmer het en die mense met spoed deur die rook prober ry want hulle ken mos die pad.

Asjas ·

Ek wens mense wil die belangrikheid van volgafstande en hoofligte in swak sig besef!!
Hou jou volgafstand, hou by die spoedgrens en skakel hoofligte aan sodra jou sig belemmer word. Basics mense!!
PS: Gaan jou remme gereeld na …
Ouvrou stories, ek weet maar sover het dit my lewendig gehou.

Leon ·

Dit verbaas my dat daar nognie meer sulke botsings was nie. Ek het gereeld Durban toe gery vir werk en van die N# roete gebruik gemaak. Die massas vragmotors en busse wat ry asof die pad aan hulle behoort veroorsaak baie noodlotige botsings en is self nie betrokke nie. Die N3 vanaf Johannesburg tot in Durban is die pad van die dood. Dit is lewensgevaalik om op die orete te ry. Busse en vragmotors draai eenvoudig net voor jou of mekaar in sonder om te kyk. Hulle jaag op mekaar af en dan skielik besef hulle die voortuig voor hulle beweeg te stadig en draai somme voor die verkeer van agter of van voor in of sal sommer die voertuie langs hulle van die pad afdruk.
Suid Afrika kan nie meer bekostig om trein vervoer herintestel nie. Die geldkas is te leeg geplunder. Ons moet maar ler om met moord op die paaie saam te leef.

Chris Ws ·

Dis hoogtyd dat die videos van dash cams in die howe en deur die verkeers owerhede aanvaar word as getuienis.As ek darem van die videos van ander padgebruikers kon instuur sou BAIE mense vervolg geword het.
Ek se weer een van die grootste oorsake van ongelukke is te kort volg afstande.Meeste motoriste is regtig onnosel en ry so naby aan jou agterkant dat hul voertuig se ligte nie eers kan sien nie.Sou iets voor jou in hardloop of ‘n tarentaal vlieg in jou windskerm vas ,wat gebeur, of jy moet rem vir iets anders het die voertuig agter jou se bestuurder nie ‘n kans om stop en nie in jou vas te jaag nie.Maar die motoriste DINK nie.Hy jaag net voort.

Watter rooi robot ·

Vanoggend het ek gesien hoe twee taxi’s al wat rooi robot verontagsaam, vanaf die Noord, deur die Poort rigting stad, nie by een rooi robot het die twee eers moeite gedoen om te stop nie. Mede pad gebruikers het hulle probeer agter na sit, maar hulle is weg, ek dink van ons het vir hulle part briek getrap. Daar was aankomende verkeer, hulle het net eenvoudig ligte geflikker en oor gejaag, nie eers oor gery nie! Hoeveel lewens is daagliks net nie in gevaar nie? Hulle jaag net geld na, en voel ‘n veer vir die mense in hulle taxi’s, en mede pad gebruikers.

MW ·

Ry paar kilometer werk toe. Dash cam sal kan getuig van die gemors wat voor en om my aangaan, dag vir dag. Hulle stop nie by stopstrate of vir rooi verkeersligte nie. Swaai voor jou in, skakel hazards aan en stop dood. Blok jou af by verkeersligte. Druk links van jou in wanneer jou flikkerlig lankal vir links flikker om by ‘n enkel pad in te draai? Waar kry hul lisensies? Verder is daar is mos bushaltes en dies meer. Hoekom word hul nie verplig om by sulke punte op en af te laai nie? Laai af in die middelbaan tydens druk verkeer, Niemand het ‘n saak nie, insluitend die verkeersbeamptes

Pieter ·

Miskien moet die vragmotorbestuurders ophou om in die geel lyn te ry. Ons sal dan die bestuurvernuf van die padgebruikers kan evalueer. Daai dag is daar chaos op ons paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.