Talle dood ná bus omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Minstens 10 mense is dood en talle beseer ná ʼn bus langs die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat omgeslaan het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bus was glo van Port Elizabeth na Johannesburg onderweg. “Paramedici van Netcare 911, die provinsiale nooddienste en ander ambulansdienste is na die toneel ontbied.”

Volgens Mathe is die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. “Van die kritiek beseerde pasiënte is met helikopters na hospitale geneem.”

Dit is in dié stadium nog nie duidelik presies hoeveel mense beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.