Talle eis Abrahams se kop moet rol

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Verskeie politieke partye en organisasies het Maandag geëis dat adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, geskors moet word, hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid vir sy amp.

Abrahams se aankondiging vroeër vandag, dat die aanklagte teen Pravin Gordhan, minister van finansies, laat vaar is, het opslae gemaak en wyd kritiek teenoor Abrahams en die NVG uitgelok. Verskeie partye het gesê Abrahams se skielike ommeswaai oor die saak is bewys daarvan dat die aanklagte teen Gordhan van die begin af polities gemotiveerd was.

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Maandag gesê ʼn kommissie van ondersoek moet op die been gebring word om Abrahams se bevoegdheid vir sy amp te ondersoek. Mkhuleko Hlengwa, die party se woordvoerder oor finansies, het gesê Abrahams se besluit om die aanklagte teen Gordhan te laat vaar, is bewys daarvan dat die besluit, om Gordhan te vervolg, polities gemotiveerd en kwaadwillig was.

Hy het gesê die besluit het die NVG se geloofwaardigheid ernstige skade berokken, wat nog verder vererger word deur politieke inmenging. “Hoewel mnr. Abrahams daarop geregtig is om ʼn besluit om iemand te vervolg te heroorweeg en sodanige aanklagte terug te trek, meen die IVP steeds dat [Abrahams] ʼn medepligtige was in die Valke se polities-gemotiveerde heksejag [teen Gordhan] en het hy sodoende ons reeds sukkelende ekonomie R60 miljard gekos toe hy besluit het om die minister aan te kla,” het Hlengwa gesê.

Die DA het op sy beurt ook ʼn ondersoek na Abrahams se bevoegdheid geëis en gesê Abrahams het bloot die aanklagte teen Gordhan laat vaar toe hy besef het hy het nie genoeg bewyse om sy “polities gemotiveerde vervolging” voort te sit nie.

“[Abrahams] kan nie nou doodeenvoudig sê ‘ons het ʼn fout gemaak’ en die aanklagte terugtrek nie. Daar is heeltemal te veel op die spel om sulke onaanvaarbare en onverantwoordelike foute te maak,” het Mmusi Maimane, die DA-leier, in ʼn verklaring gesê.

“Shaun Abrahams moet verantwoordelik gehou word vir hierdie onaanvaarbare fout. Ek doen daarom ʼn beroep op pres. Jacob Zuma om [Abrahams] onmiddellike te skors. Volgens artikel 12(6) van die NVG-wet, is die president by magte om die nasionale direkteur van vervolging voorlopig te skors hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid om sy amp te beklee. Zuma moet nou beslissend optree, anders sal ons geen ander keuse hê as om te glo dat hy agter hierdie kwaadwillige politieke gedrag sit nie.”

Die South African National Civic Organisation (Sanco) het ook sy stem gevoeg by talle ander organisasies en gesê Abrahams se bevoegdheid en dié van die Valke-hoof, Berning Ntlemeza, moet ondersoek word. Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het gesê daar hang nou, meer as ooit, ʼn wolk van sameswering oor beide die Valke en die NVG.

Dr. Pieter Mulder, die leier van die VF Plus, het gesê hoewel die besluit om die aanklagte teen Gordhan te laat vaar reg was, verander dit nie die feit dat die aangeleentheid die NVG en Abrahams in ongeloofwaardigheid gedompel het nie. “Dit was van meet af aan duidelik die saak teen Gordhan, Oupa Magashula en Ivan Pillay was nie gegrond op ware feite nie en adv. Abrahams sal moet bedank om die publiek weer vertroue in die NVG te gee,” het Mulder gesê.

Intussen het die ANC in reaksie op Abrahams se besluit gesê Zuma moet met Abrahams in praat om ʼn soortgelyk fiasko in die toekoms te verhoed. “Die ANC doen ʼn beroep op [Zuma] om met die NVG-leierskap te vergader om ʼn herhaling hiervan te voorkom en die onafhanklikheid en integriteit van die NVG te beskerm,” het die party in ʼn verklaring gesê.

“Soos vervat in die grondwetlike beginsel van onskuldig tot andersins bewys, het die ANC nog altyd in comrade Pravin Gordhan se onskuld geglo en hom daarom onwrikbaar ondersteun sedert die bedrogaanklagte teen hom ingedien is. Die besluit van die NVG om [Gordhan] en ander aan te kla, het ʼn negatiewe impak op die ekonomie gehad en onnodige bespiegeling oor die ware motief daaragter veroorsaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Net onlangs was daar n geanimeerde fliek genaamd SHAUN THE SHEEP…klink vir my ons kyk na opvolg?

humor ·

Die een saam met Abrahams agter hierdie komplot is weereens z. wat skotvry gaan kom. Afri Forum sal met sy ondersoek vining aan die gang kom want die nuwe ob is eenvoudig nie betroubaar nie. Vir hierdie ligte gebeurtenissie wat die land n miljard en meer kos, moet daar maar net in gesprek getree word wat in elkgeval n klugspel sal wees.

KP ·

Aag asseblief Zuma het die opdrag gegee om aan te kla, nou moet hy met Abrahams praat!!!!!!!
Abrahams moet by die balie verkla word en van die rol verwyder word. Hy is nie n advokaat se $#@ werd nie.

jacqui ·

Dis altyd so voorspelbaar. Word Abrahams ingeroep en oor die vingers getik deur jz, terwyl jz vir hom knipoog. Hoeveel maal het dit nou al gebeur met baie van die situasies ? Moeg daarvoor. Dink hulle miskien hulle flous die man op die straat ? Ai ai.

Jakes ·

NEE, nee nee! Geen skorsery met volle betaling. Hoeveel hooggeplaastes sit al JARE tuis, of siek of geskors? Vors daardie statistieke ASB na en lig ons belastingbetalers in. Geagte heer Abrahams kan afbetaal word weens so baie dinge teen hom. Maand salaris vir elke jaar diens, koebaai.

Hendrik 2 ·

Abrahans. jy het gesê Gordhan moet ondersoek en aangekla word. Nou praat jy anders .. Weet jy nie wat jy gister gesê het nie . WAT GAAN AAN? Onderskat jy regtig die integrireit van die land se mense.

Hendrik 2 ·

Abrahans. jy het gesê Gordhan moet ondersoek en aangekla word. Nou praat jy anders .. Weet jy nie wat jy gister gesê het nie . WAT GAAN AAN? Onderskat jy regtig die integrireit van die land se mense. Hoe kan ons julee mense met sulke snert kom en dink ons moes all glo

kk ·

Patetisme straal uit die gesig. Wat isdit met die skepsel? Was seker geld aangebied. Sy aansien wat hy gedink het hy het het so in die drein af verdwyn. Hy is nou minder as n nil werd. Wonder of hy dit besef.

sam ·

Sy wenkbroue is te swaar vir sy brein. Dit moet die probleem wees glo ek

Zorba ·

Dit lyk my ons het n Judas book in ons midde die skape word na die slaagpale gelei en ZJ laag vir hulle in die parlement

Neelsie ·

#ZumaAndAbrahamsMustFall Gee my krag. Moes sy bek gehou het tot al die feite op die tafel was maar nee as Zumpie sê spring dan spring sy puppets. @sam Ja ek stem met jou, bietjie trimming sal dalk die saak ligter maak. Urgh die politiese speletjies jos ons land miljoene en op reputasie is da nie eers n prys nie.

Flippie ·

Dit verstom my dat ouens wat nie vir die ANC stem nie kliphard vir Gordhan baklei.

Gaan hulle ANC stem as Gordhan minister van finansies bly? Ek glo nie. Waarom betrokke raak by ‘n ANC geveg. Los dit vir hulle – sodat hulle in hulle eie gemors kan verstik en die volgende verkiesing verloor.

Alida ·

Ag Flippie mens hoef nie vir die ANC te stem om een man te steun nie. Hy is een van die min in die ANC met integriteit en weet presies wat hy doen. Nie almal in die ANC is st 3 beeswagters nie.

Adoons ·

Was dit nie op 11 Oktober dat Abrahams aangekondig het dat die dae van disrespek teenoor die NVG se besluite verby is nie? 20 dae later en dit word bevestig dat die NVG se besluite geen respek verdien nie!

Suzie ·

Mens kan maat net sy kwalifikasie bevraag teken. As hy iets van strafreg geweet het kan jy nie iemand a anklae as daar nie aan die elemente van bedrog vol doen is nie. Dan is dan is daar nog straproses en bewysreg wat ook elemente het waar aan voldoen moes word. n polisie beampte wat n 3 jaar diploma kusus geslaag het wat wat die regte prosedures is, hoe kan n Advokaat dit nie weet nie. EK wonder maar net.

humor ·

Wat gaan met Abrahams geur? Dieselfde as met die “hooggewaardeerde dame’ van SAL.

Johann Marx ·

Dink hieroor: Hoekom het hierdie hele saga gebeur? Jy “verkoop” die land se olie-voorraad, en maak R1,5 miljard “wins”. Jy koop daarmee dollars. Jy sê vir die Hoof van die NVG om Gordhan aan te kla. Die rand tuimel in sy kanon in. Jy verkoop jou dollars….en maak R7,8 miljoen wins. Voila!! Now you have the money to “pay back the money”….en jy bel die hoof van die NVG en sê hy moet sy klagtes terug trek….en hy gaan “Ja, prez, nee prez, drie sakke vol, prez!!”

Zoro ·

Ja die poppe gaan dans, dit was nou regtig n swank span hoor! Maak my Hoof van die NPA asb!

Johann ·

Hy het ‘n rol toiletpapier in die hande gekry, te veel afgerol, en nou het hy nie ‘n clue wat om daarmee te doen nie…

DC ·

Ja nee seeklong, daai gesig lyk sommer “dodgy” !! Hulle moet bietjie krap in sy verlede en kyk waar hy sy kwalifikasies “gekoop” het want hy het defnitief nie daarvoor gewerk nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.