Talle eis dat OB moet waai

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, na die hofverrigtinge. (Skermgreep: Siphelele Dludla/ANA)

Die DA wil hê die parlement moet planne om adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, uit haar pos te verwyder, bespoedig.

Mkhwebane het Maandag weer ʼn groot terugslag in ʼn hof beleef toe die Konstitusionele Hof ʼn bestraffende kostebevel, wat vroeër in die hooggeregshof teen haar gemaak is, gehandhaaf het.

Sy het ook deurgeloop onder die Konstitusionele Hof se striemende beslissing oor haar verslag oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Die land se hoogste hof het Maandag bevind die OB het gelieg en valse dokumente gebruik om haar saak te bevorder. Die hof het voorts bevind Mkhwebane het in kwade trou opgetree, dat haar ondersoekmodel in die geheel gebrekkig was en dat sy oneerlik was.

Die DA het reeds verlede maand aan die speaker van die parlement geskryf en gevra dat die parlement oorweeg of Mkhwebane geskik is vir die pos van Openbare Beskermer.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het in ʼn verklaring gesê Mkhwebane het in drie jaar nog niks gedoen om hom te oortuig dat sy geskik is vir die pos nie.

“Vandag se hofuitspraak bewys net weer dat die OB se tekortkominge veel dieper strek as net gewone, tegniese foute. Eenvoudig gestel is sy bloot nie bevoeg vir die amp nie en is sy inderwaarheid uiters onbevoeg,” het hy gesê.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep. (Foto: Twitter)

Steenhuisen het gesê die DA gaan dus die speaker vra dat sy klagte oor die OB se geskiktheid bespoedig word. Hy het gesê die DA gaan ook die onderskeie hofbevele bestudeer om te bepaal of daar gronde is om ʼn aanklag van meineed teen Mkhwebane aanhangig te maak.

Volgens Steenhuisen glo die DA wél dat elke verslag van die Openbare Beskermer steeds op sy eie meriete beoordeel moet word.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ook gesê Mkhwebane moet haar pos so gou as moontlik ontruim. “Die Konstitusionele Hof se bevel teen haar is verdoemend,” het Outa in ʼn verklaring gesê.

“Haar teenstand teen die parlement se verantwoordbaarheidsmaatreëls beklemtoon net verder dat sy nie haar rol verstaan nie.”

Outa het die parlement verlede maand al gevra dat ʼn ondersoek na Mkhwebane se bevoegdheid gedoen moet word.

Die VF Plus het óók gevra dat die parlement se ondersoek na Mkhwebane se bevoegdheid bespoedig moet word.

“Dit laat geweldig baie vrae ontstaan oor haar jongste bevindinge wat betref pres. Cyril Ramaphosa en skep opnuut die indruk dat sy nie onpartydig en objektief is soos wat van haar verwag word nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Mkhwebane het appèl aangeteken teen ʼn vroeëre hooggeregshofbeslissing dat sy, in haar persoonlike hoedanigheid, 15% van die koste van die OB se saak teen die Reserwebank moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ek vra weer ·

Wat is haar verhouding met die EFF? Sy en die EFF is op Pravin se case.

Derick ·

Oneerlike OB = onmiddelike ontslag. Cheers, koebaai, you are the weakest link ????‍♂️

Koos de Meyer. ·

Sy is nie Tulie se ou skoene werd nie. ZUMA KADER.

Johanna Botha ·

Dis nou n bloedneus vir haar ….vertrou haar gladnie on namens die publiek nogal optetree nie …..kan o s ASB iemand kry wat iets WEET en in die belang van SA se mense optree …ons kry altyd een of ander misbaksel !

Bossie ·

John Steenhuizen, wie het enigsins iets gedoen wat wys hul is bevoeg vir hulle pos? Wat van AL die ander? Hopelose saak. Nee wat, jul mors jul asem…

leser ·

slegs 15% in betaal, noudat sy haarself wil verontskuldig moet die terug betaling na 50% verhoog word
sy moet net skrik, al is dit net wakker

andre ·

Almal in die staat is skelm…waar sien jy dat iemand R120 000 n maand kry vir wat..wat doen hulle wat daai geld werd is…

Felix ·

En wat sê Julius nou, gaan hy haar tot by die poorte ondersteun?

Cindy ·

Ja,hy gaan, dis sy en zuma se girl tot hul paspoort van chaos en bedrog en korrupsie in dié land

George in Bloem ·

Sy’s ‘n kader en dit maak haar mos onmiddelik uiters bevoeg. Hierdie patetiese spul narre is so belaglik.Dit maak mens naar as jy dink aan die buitensporige salarisse wat hulle boonop kry vir die onbevoegdheid.

Johann cb ·

Wanneer gaan sy besef dat sy lankal uit eie wil haar pos moes ontruim het?

Felix ·

Wie wil ‘n raaiskoot op haar nalatenskap waag? Reggeraai, assies in ‘n kruik met ‘n kurkprop op.

Felix ·

Die smag na erkenning om beter as Thuli te wees het haar gesink, sy was nooit opgewasse nie.

Harry ·

Sy jok soos ‘n bok en fluit-fluit is sy uit!
Eish, die 15% maak nogal seer, maar die seerste kom wanneer sy ook van die rol geskrap gaan word en nie meer as advokaat mag praktiseer nie.

Magda ·

ASB bring vir Madonsela terug as OB – Die “OB” is net so korrup as die ANC.

Lizelda ·

Magda, ek het iemand hoor se Thuli WIL nie terugkom nie, ek sou ook nie, die hele tyd moet jy baklei vir jou veiligheid en jou pos. Kyk vir arme Pravin, hy’t terug gekom nadat die President gevra he,t ag en die arme man baklei ook al vir n geruime tyd weer vir sy pos. Pravin vat al die houe beslis vd liefde wat hy het vir sy land… Meer lojaal gaan jy sukkel om te kry.

Lou ·

Stem saam sy is nie geskik vir die pos van OB nie, maar die ANC moet nou maar hulle eie gemors opruim want dit is hulle wat gesorg het dat sy in daai pos aangestel is. En onthou nr1 was toe nr2 so CR kry nou so bietjie bitter medisyne omdat hy nie meer guts gehad het om teen Zuma en die ANC op te staan toe hy nog nr2 was nie.

Lizelda ·

Die hoogste hof het beslis dat die OB gelieg en vervalste dokumente gebruik het ????? Joh, dit is baie baie erg. Sy moet onmiddelik verwyder word, geen “golden” handshake reguit tronk toe. Vervalsing van dokumente is mos n oortreding??

witogie ·

Sy is ‘n advokaat en behoort ook seker aan daai raad van advokate wat sorg dat hul mense eties op tree. As enige ander advokaat onder eed lieg in ‘n hof, word hulle nie summier verwyder van die advokate-rol nie? Hoekom is hulle so stil?

Pieter ·

Ek twyfel of sy n advokaat is, sy wil appeleer teen die hoogste Hof! Duidelik ken sy nie die proses nie. Kyk na die fotos in die media, veral die mense in die agtergrond van die fotos. Sy bevind haar in geselskap van die BLF en EFF! Dan wil die hoof regter haar beskerm deur te se dat die uitspraak haar gaan breek, hy wil n skelm in die regstelsel he.

SjN ·

n Ketting is so sterk soos die swakste skakel en sy probeer nou dit te stoot, maak soos Mnr Rockoff en druk hoed vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.