Talle eksotiese diere in Oos-Rand-woongebied gevind

Verskeie eksotiese diere is by ʼn perseel in Poplarweg in die Benoni-omgewing gevind. Foto: EMPD)

Wolwe, swartoor‑klouapies (marmoset), apies en woestynjakkalse.

Dít is van die eksotiese diere wat Oos-Randse wetstoepassers die afgelope naweek by ʼn perseel in ʼn residensiële gebied in die Benoni-omgewing gevind het.

Die Ekurhuleni-metropolisie het ʼn klagte ontvang dat “dieregeluide” inwoners van Poplarweg se rus versteur.

Die metropolisie het toe in samewerking met die Bronberg-polisie, die plaaslike departement van omgewingsgesondheid, die gemeenskapspolisiëringsforum en die Benoni-dierebeskermingsvereniging ondersoek ingestel en verskeie eksotiese diere by ʼn perseel in Poplarweg gevind.

“Die DBV het ʼn kennisgewing aan die eienaar uitgereik weens die fisieke toestand van die wolwe, wat oënskynlik ondervoed was en in haglike omstandighede leef,” het lt.kol. Kelebogile Thepa, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

“Die omgewingsgesondheidsdepartement het ook ʼn kennisgewing uitgereik wat die eienaar gelas om die steurnis wat die diere veroorsaak, te verminder.”

Die metropolisie doen ʼn beroep op inwoners om die regte prosesse te volg wanneer hulle diere in woongebiede aanhou.

Verskeie eksotiese diere is by ʼn perseel in Poplarweg in die Benoni-omgewing gevind. Foto: EMPD)

Die wolwe wat op die betrokke eiendom aangetref is, het ondervoed gelyk. Foto: EMPD)

Verskeie eksotiese diere is by ʼn perseel in Poplarweg in die Benoni-omgewing gevind. Foto: EMPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ronel ·

Ag awesome – sal wat wil gee om in ‘n wêreld te bly waar daar net diere is en so min as moontlik mense!

Marcha ·

AI jinne. As mense diere Wil aanhou Kan Hulle atleast Na die goed Kyk of voed. Dis altyd hartseer.

Bolandse Nooi ·

Genade, WAAROM tog eksotiese diere aanhou en hulle dan onbehoorlik versorg??? @Ronel, ek stem saam met jou – ‘n wêreld met MIN mense en MEER diere, sal ideaal wees.

Di ·

Verstaan nie hoekom mense diere “aanhou” en dan nie vir hulle sorg nie. Laat hulle vry dat hulle vir hulle self kan sorg. Kyk maar in die nedersettings hoeveel diere verwaarloos word daar. SKOKKEND dat sekeres net mooi na NIKS kan omsien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.