Talle Esidimeni-pasiënte steeds vermis

Jack Bloom, DA-LPW (Foto: DA-webwerf)

Minstens 28 Life Esidimeni-pasiënte is steeds nie opgespoor nie.

Volgens Jack Bloom, DA-LPW in Gauteng, is hy deur die polisie in kennis gestel dat talle vermiste pasiënte gevind is, hoewel 28 steeds nie opgespoor is nie.

Bloom het vroeër vanjaar verskeie vermistepersoonsake by die polisie aangegee. “Hoewel ek bly is dat die getal vermiste pasiënte van 62 na 28 verminder het, word die kans al skraler om die res te vind sedert hulle twee jaar gelede van Esidimeni na onwettig geregistreerde NRO’s oorgeplaas is.”

Volgens die lys van die Gautengse departement van gesondheid wat die polisie aan Bloom gegee het, word 18 mans- en 10 vrouepasiënte steeds vermis. Hulle is tussen 27 en 79 jaar oud.

“In drie gevalle is daar nie eens ʼn naam nie. In een geval word die naam as ‘manlike kind David’ aangedui wat in 1978 gebore is. Dit is kommerwekkend dat soveel pasiënte nog nie gevind is nie. Dit dui daarop dat die Esidimeni-tragedie nog nie verby is nie,” het Bloom gesê.

Volgens Bloom sal van die pasiënte in ʼn stadium as oorlede beskou moet word aangesien hulle nie so lank sonder die nodige sorg sou kon oorleef nie. Hy het gesê daar moet intussen ook beter vordering gemaak word in die proses om strafregtelike klagte aanhangig te maak teen diegene wat verantwoordelik was vir die swak behandeling en dood van die Esidimeni-pasiënte.

Meer as 140 pasiënte is dood nadat hulle na dié NRO’s oorgeplaas is, meestal weens wanvoeding en verwaarlosing.

Oudregter Dikgang Moseneke het in Maart vanjaar beveel dat die families van die pasiënte wat weens die Life Esidimeni-tragedie dood is sowel as die oorlewende pasiënte en hul families R1,2 miljoen elk as vergoeding moet ontvang.

Moseneke het verder opdrag gegee dat ʼn monument opgerig word wat vir komende geslagte sal dien as ʼn herinnering aan die menswaardigheid en kwesbaarheid van mense met geestesongesondheid. Hy het die NRO’s waarna pasiënte oorgeplaas is as “persele van dood en marteling” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

die afgetrede regter het sommer R1.2miljoen toegestaan. geld waarvoor belastingbetalers gewerk het. hoeveel van hierdie begunstigdes sou hulle familie enigsins kon uitken? wat vir my duidelik is uit hierdie berig, is dat daar ook families is wat hulle mense weggegooi her. anders sou hulle beslis name aan sie atteda vermisdes kon koppel.

Lana ·

ANC-regering sorg so goed vir sy mense. ‘n Klomp dood in die proses en 28 van hulle verdwyn sommer en dis niks, maar dat ‘n boer (sonder bewyse teen hom) optree teen mense wat oortree op grond en een is weg, is dit ‘n helse storie.

Johann ·

En dis nou dieselfde Dep van Gesondheid wat n Nasionale gratis Gesondheidsplan wil afdwing op SA se Ekonomie.. frre vry gratis ALS orals soveel as wat jy wil he! Skuldig aan massa moord, totale wan administrasie, weerhouing van basiese dienste, maar die ANC drog massa bevredigings absurdheid word deurgedruk?

Blikkies ·

Niks kan ons meer verbaas in Suid – Afrika nie. Wys jou maar net hoe onbevoeg is die verskillende Departemente. Korrupsie, wanorde en geen Dissipline asook geen sin vir verantwoordelikheid is niks van te bespeur nie

Andre ·

Hoe kan daar nie rekords wees waarheen hulle oorgeplaas is nie ?

Verbyster ·

Hul kan nie die pasiënte opspoor nie maar Sassa toelae word seker maandeliks steeds oorbetaal aan iemand of ‘n instansie? Begin die ondersoek DAAR.

alida ·

Hierdie is ‘n siek siek spul. Die familie sit natuurlik bakhand en wag vir die vergoeding of kompensasie wat belowe is.

Andre C ·

Die Enterprise polony sterftes word ook stilgehou.Wonder wat daar aangaan.Dit word as normal aanvaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.