
(Argieffoto: Pixabay.com)
Altesaam 184 amptenare van die Gautengse gesondheidsdepartement het hul eie, private sakeondernemings wat sake met staatsdepartemente, ook die gesondheidsdepartement, doen, het die DA Sondag gesê.
Ondernemings sluit in die verskaffing van mediese voorraad, kos, geleentheidsbestuur, nooddienste, veiligheidsdienste en begrafnisdienste, het Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, gesê.
“[Die syfers] is bekend gemaak deur die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, in ʼn geskrewe antwoord op my vrae in die Gautengse wetgewer.”
Die werkers is in die Gautengse ouditdiens en die ouditeur-generaal se 2018/’19-verslag geïdentifiseer, het Bloom gesê.
Dit is in dié stadium nie bekend presies hoeveel amptenare van die gesondheidsdepartement sake met dié departement self doen nie. Volgens Masuku is ʼn gedetailleerde verslag van die departement aangevra. Die spertyd hiervoor is 14 Oktober. Sodra die inligting beskikbaar is, sal dit aan die wetgewer deurgegee word.
Bloom het sy kommer uitgespreek omdat dit so lank geduur het om te bepaal hoeveel amptenare met hul werkgewer sake doen. Volgens hom is dit uiters onreëlmatig in ʼn departement wat reeds talle korrupsieskandale gesien het.
“Ek sien uit na die gedetailleerde verslag wat beloof is. Dit behoort opgevolg te word deur die streng dissiplinering van amptenare wat uitgevang is,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Verbaas my glad nie!
Logies! Dan het ons die “ringside seats” wanneer die GROOT trog fest (NGV) tot stand kom. Magtig ons het baie by die Guptas geleer!
Ek is nie vandag se kind nie en het ‘n doodse beklemming wanneer die kaders in charge gaan wees.
Die plek is VROT !
Lyk my dat daar op elke hoek en draai waar die a en see probeer regeer, Soustreine soos paddastoele is. Dit is die enigste “ekonomiese area” waar daar ver-stom-mende “groei” BEWERK-stellig word (geld word geskep, SONDER om daarvoor te werk!).
Wat verwag jy van die A eN C klassies