Talle gebiede in Oos-Kaap nog in donker ná storms

(Argieffoto:
Unsplash)

Verskeie dele van die Oos-Kaap sit steeds sonder krag nadat die provinsie verlede maand onder kwaai stormweer deurgeloop het.

Heelwat van Eskom se infrastruktuur is in die storms beskadig.

“Ons maak vordering nadat die storms wat die provinsie in Desember getref het, werklik reuseskade aan ons netwerkinfrastruktuur aangerig het. Ons verstaan die kommer van sommige klante wat nog aanlyn gebring moet word en doen alles moontlik om elektrisiteitstoevoer te herstel,” lui ʼn verklaring van Eskom.

Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief en hulle ook gevra om geduldig te wees.

Die kragvoorsiener het vroeër gesê die omvang van die skade aan sy infrastruktuur en uitdagings om by dié infrastruktuur uit te kom, veroorsaak dat die herstelproses langer duur as wat aanvanklik verwag is.

Sommige gebiede sit nou al reeds sowat ʼn maand lank sonder krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frikkels ·

Die agteruitgang onder die anc kaders raak al hoe duideliker. Nou moet die nuwe bestuurspan verantwoordelikheid aanvaar en verduidelik anders word daar deur dieselfde kaders geëis dat koppe moet rol. Alhoewel die koppe wat rol nie in hierdie berig genoem word nie, is dit tog van belang om dit in gedagte te hou wanneer berigte van die aard gelees word. Die kaders moet verantwoordelik gehou word vir die verliese en ekstra onkostes wat met hierdie krag onderbrekings gepaard gaan. My hart bloei vir hierdie mense wat sonder krag moet klaarkom omdat skelms voorheen hulle vuil hande op onderhoudgeld gelê het.

Shakespeare ·

Die Oos Kaap is ANC gebied. Onder hulle is die Oos Kaap ‘n donker swart put.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.