Talle gelukwensinge vir Biden, Harris

(Foto: Joe Biden/Twitter)

Gelukwensinge van oor die wêreld het ingestroom vir die nuut aangewese president van die VSA, Joe Biden, terwyl Donald Trump hom voorberei vir ʼn reeks saamtrekke om die verkiesing te betwis.

Pres. Cyril Ramaphosa het Biden namens die regering en Suid-Afrika gelukgewens met sy oorwinning en gesê die twee lande het geskiedkundige bande. “Die VSA het bygedra tot die vryheidstryd in Suid-Afrika en het voortgegaan om steun te verskaf om demokrasie te help versterk ná Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994,” het Ramaphosa gesê.

Hy sê daar is bilaterale samewerking op verskeie gebiede, waaronder handel en belegging, gesondheid, onderwys, energie, die omgewing, wetenskap en innovering, veiligheid en sekuriteit, asook streeksamewerking met die Afrika-unie.

Die VSA het ook onlangs finansiële en tegniese hulp gegee om Suid-Afrika in die stryd teen Covid-19 te help. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika sien uit daarna om saam met aangewese pres. Biden en sy adjunk, Kamala Harris, te werk om hierdie bande verder te versterk.

Die Nelson Mandela-stigting het gesê dit is met ʼn gevoel van verligting dat hy kennis neem van Trump se nederlaag in die verkiesing. “Soos talle ander wêreldwyd, vier ons die feit dat ons nie vir nog vier jaar hoef toe te kyk hoe hy demokratiese instellings ondermyn en luister na hoe hy die magtigste kantoor in die wêreld se naam in oneer bring nie,” het die stigting in ʼn verklaring gesê.

Die stigting het Biden en Harris gelukgewens en sê hy sien daarna uit dat die Withuis nou sal bestaan uit ʼn spanleier wat die belang van menslike waardigheid verstaan.

Die aangewese president van die VSA, Joe Biden, en sy adjunk, Kamala Harris. (Foto: Twitter)

“Ons doen ʼn beroep op mnr. Trump om die demokratiese proses te respekteer, die oorgang te steun en by te dra tot die genesing van ʼn diep verdeelde samelewing. Soos Nelson Mandela dikwels gesê het, ʼn goeie leier weet wanneer om die tuig neer te lê en hoe om dit op ʼn gepaste manier te doen. Dit is nie te laat vir Trump om waardigheid vir homself en ander te omarm nie.”

Verskeie voormalige Amerikaanse presidente het Biden ook reeds met sy oorwinning gelukgewens. Oudpres. Barack Obama het gesê hy kan nie méér trots wees om Biden geluk te wens nie.

“Ek weet hy sal die werk met die beste belang van elke Amerikaner op die hart doen, of hy nou hulle stem gekry het, of nie. Ek moedig elke Amerikaner aan om hom ʼn kans te gun en hulle steun aan hom te gee. Die verkiesingsuitslae op elke vlak wys die land is steeds diep en bitterlik verdeel,” het Obama gesê.

Oudpres. Bill Clinton het gesê “Amerika het gepraat en demokrasie het gewen”.

“Ons het nou ʼn aangewese president en visepresident wat almal van ons sal dien en ons sal verenig. Geluk aan Joe Biden en Kamala Harris met julle belangrike oorwinning.”

Die Kanadese eerste minister, Justin Tredoux, het Biden en Harris op Twitter gelukgewens.

“Ons lande is nabye vriende, vennote en bondgenote. Ons het ʼn verhouding wat uniek op die wêreldverhoog is en ek sien daarna uit om saam te werk en saam met albei van julle verder hierop te verbeter.”

Australië, Ierland en Frankryk het Biden ook gelukgewens.

“Die Amerikaners het hulle president gekies. Geluk, Joe Biden en Kamala Harris! Ons het baie om te doen om vandag se uitdagings te oorkom. Kom ons werk saam,” het Emmanuel Macron, die Franse president, op Twitter gesê.

Die Britse eerste minister Boris Johnson het in sy gelukwensing die VSA as die Verenigde Koninkryk se belangrikste bondgenoot bestempel en gesê hy sien daarna uit om saam te werk aan gedeelde prioriteite soos klimaatsverandering, handel en veiligheid.

Terwyl Biden met sy oorwinning gelukgewens is, was daar nie veel aanduiding dat Trump die stryd sommerso gewonne gaan gee nie. Trump gaan verskeie veldtogte hou om steun te werf vir die regsake om die uitslag van die verkiesing te betwis.

Trump het ook spanne aangekondig om te probeer verseker stemme in verskeie state word oorgetel en gaan probeer om sy bewerings van kiesbedrog te staaf deur die doodsberigte van verskeie mense wat volgens sy kamp in die verkiesing gestem het, aan die groot klok te hang.

Kiesbeamptes hou vol daar is geen beduidende ongerymdhede in die kiesproses nie en Trump se span moet nog vorendag kom met bewyse van onwettige bedrywighede.

Biden het landwyd eindelik meer as 4,1 miljoen stemme as Trump gehad.

Trump is die eerste Amerikaanse president in 28 jaar om ʼn herverkiesing te verloor.

Bykomende bron: Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Human ·

Watter waarheid? Die waarheid volgens Trump die narsistiese sigopaat.

Johan ·

Human jy moet versigtig wees om net te oordeel, daar is plek vir almal in die wereld. Wys my sterk leier wat nie narsistiese sigopatiese neiging het nie.

Human ·

Ek oordeel nie, dis vir almal om te sien, maar dan moet jy die oortuiging van jou gemoed hè om te kan sien. Soos Hitler en Stalin wat hulle mense opgeoffer het soos kanonvoer, sodat hulle, hul verwronge eggos kan streel.

Frank ·

Stefaan, ek dink nie so nie. Die Demokrate het absoluut GEEN integriteit nie, GEEN morele waardes nie. Kyk maar net waarvoor hulle staan. Om verkiesings bedrog te pleeg is in hulle natuur.
My groot probleem is dat President Trump, as president, moes vooraf toegesien het dat daar nie skuiwergate was wat die Demokrate kon teiken nie. Daar is nou te veel onsekerheid of dit wel “free and fair” was.

Johan ·

Trump het gepraat oor die kies stelsel wat korup is maar hy het nie die huis se meerderheid om verandering te bring nie.

Adriaan ·

Die wenner is nog nie aangewys nie en word nie deur die media bepaal nie. Die wenner word bepaal deur die 50 deelstate met n stemming op 14 Desember en dan deur die Kongres op 6 Januarie.

Trotse Boervrou ·

Presies Adriaan. Dan is daar nog al die hofsake wat ook eers afgehandel moet word. Hierdie is nog lank nie ‘n uitgemaakte saak nie.

Gawie ·

Tog snaaks hoe die hele wêreld reeds die verkiesinguitslag aanvaar het, Trump se vrou ingesluit, maar hy is hardkoppig en wil aanhou baklei in ‘n geveg wat reeds verby is.
Dis egter hoe ons die laaste vier jaar vir Trump leer ken het – hy laat nie toe dat harde feite in die pad staan van sy persoonlike verdraaide sieninge nie – sy swak hantering en ontkenning van die erns van van die Covid-krisis is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan.

Andre ·

Gawie, praat jy van die keer wat Trump alle vlugte van Sjina wou verbied? Wie het dit verhoed, wonder ek.

Louise ·

Baie geluk Press. Biden.
Trump is nie n leier nie. Hy is n besigheids man en elke land het n leier nodig (nie ne besigheids man nie)

Filistyn ·

My word Louise, waar kom jy vandaan. ‘n Land IS ‘n besigheid.

Andre ·

En hy is ook gekant teen aborsie tot geboorte, wat wie voorstaan?

Inkpot ·

Ook nie ń leier wat van homself ń bespotting maak soos Trump nie

Anel ·

Die Amerikaaners gaan nog lang trane huil as dit wel so is dat Biden gewen het. Hulle het van Obama ontslae geraak en nou sal Kamila aangaan waar hy op gehou her. Al Trump se goeie werk sal tot niet gemaak word. Hoop maar dit werk uut vur Trump en dat geregtigheid sal seëvier. Anders sien ek baie swarigheid vir die Amerikaaners en die res van die wêreld, en vir ons. Komunisme sal seëvier. Behoede ons!

Eugene ·

Dit is verstommend die leuen wat verkondig word dit meer glo as waarheid Soros se hand met stemmery met Dominion program om stemme na Biden se kant te gooi!!

Trotse Boervrou ·

Hel Eugene, so bly iemand weet wat se bedrog daar gepleeg is met hierdie verkiesing en wie verantwoordelik is. Die ANC gaan ook posstemme gebruik volgende jaar….

Jakes ·

Waarom word Biden se geraamtes uit sy kas nie openlik deur die media versprei nie? En daar is n paar. Nes SA se president word Biden nou as die ridder op die witperd gesien en kyk waar sit ons met Ramaposa en sy trawante nadat alamal gedink het dat hy die een is?

Cherokee ·

Jy is roekeloos met die woord ‘alamal’. Daar is van ons wat gewaarsku het teen Ramaphosa.

Human ·

Moet nie Amerika met Suid-Afrika vergelyk, hul verskil hemelsbreed en is die sogenaamde Afrikaners so desperaat, om te dink, dat Trump hul soos Moses, na die beloofte land gaan lei, dan wag daar vir hulle ‘n helse ontnugtering, want Trump kan nie eers sy eie land lei, behalwe in die afgrond in.

Andre ·

Dis nie wat die Afrikaners verwag nie, en die meeste kyk nie teen hul ooglede vas nie.

Human ·

So die meeste staar hulle blind teen die afgod met die voete van klei en wat hul dan van hul sinne beroof.

Andre ·

Nee, baie min steun vir Biden. Dis maar ‘n paar van julle met voete van klei wat van hulle sinne beroof is.

Genis ·

Nee wat ek dink die is gekook… daar is nie n manier wat Biden gewen het nie… Ek kanie glo dat Ma’s van klein dogtertjies vir hom stem nie… se ook maar net… Met sy gesniffery gebruik hy beslis nie snuif nie…

Wielspore ·

Trump was nog altyd ‘n vreemde karakter wat vir my voorgekom het soos ‘n kat op ‘n warm stoofplaat, hy spring heeltyd rond en hy ontwyk jou soos hy homself vas praat. Trump se presidentskap was soos ‘n Bubblegum treffer lied, dieselfde betekenlose woorde word aanhoudend herhaal en ondersteun deur lekker disko musiek, omtrent almal se treffer en word gespeel by sosiale byeenkomste en luisteraars murmur die woorde oor en oor. Na ‘n jaar val die liedjie se gewildheid van hero tot zero, niemand ken die sanger en die betekenlose murmur is verlore. Net so sal Trump ook op eindig as ‘n betenlose murmur.

Eugene ·

From a US friend:

“This is going to the Supreme Court. Where they will rule that the election is invalid due to fraud or mistakes on a country wide scale. It will go one of two ways, either they will rule that all the unconstitutional mail in ballots will be removed and the states ordered to recount without them or they will simply rule the election is invalid due to mass voter fraud and at that point it will be sent to the congress and senate for a vote. This is where it gets good. The house/congress votes on who the President will be. It has nothing to do with what party that has power. Every State gets one vote and 30 States are held by Republicans.and 20 by Democrats. They have to vote down party lines, they have no choice due to the 12th Amendment of the Constitution and the Senate votes for the Vice President where a similar even will take place. This is The law. This is why the Democrats are so mad at Nancy Pelosi. This will all happen in January. The only way President Tru

Werner ·

Hy moet dit maar geniet vir die kort rukkie.Die verkiessing gaan tot niet verklaar word weens grootskaalse bedrog.Jammer ou Biden en kry vir jou wat jou toekom

Fedup ·

bag of bones and harris are going to get a very big surprise.
Don’t get to excited.

Adam Adriaan ·

Daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur om die leuen te glo. sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. 2 Thess 2 vers 11 en 12. DIT IS WAT NOU BEGIN AFSPEEL IN DIE VSA EN DIE WêRELD.. DIT IS DIE NWO DRYWERS, WAT GAAN OORVAT BY TRUMP.

annievantshwanie ·

Toe Trump in die begin n uitspraak gemaak het om te sê hy dink hy sal wen, was die media propvol en oorgenoeg om hom aan te vat, sy woorde te verdraai en hom te laat sleg lyk .. toe doen Biden dit en niemand se n woord nie! Nou verklaar die Media dat Biden gewen het – kan ons net gou mooi verstaan waar die eleksie plaasgevind het? In Amerika of in die Media??????????? Kan ons dalk ook bietjie aandag vestig dat hier hofsake van gaan kom en dat Biden steeds nie as President kan verklaar word nie aangesien die saak nie prontuit reg gehanteer was nie? Laat die wat dan nie wil sien nie, se ogies maar opswel -eendag is eendag! It aint over untill its over!!

Pieter ·

Die “Demokrate” het eintlik ‘n sagte staatsgreep uitgevoer.

andre ·

Maar natuurlik sal Ramaphosa en sy onderdane vir Biden ondersteun,so ook Malema en sy onderdane,dis voels van eenderse vere.

Inkpot ·

Trump is ń slegte verloorder.
Snaaks dat hy nie die uitslae betwis het toe hý gewen het nie.
Hy is nou nes Afrika leiers wat nie wil afstand doen van mag nie.

Hoekom ·

Hierdie verkiesing het pos stemme gebruik wat nie in die verlede gebruik was nie. Dit stel jou verkiesing proses oop vir onderduimshede. Demokrasie is dood, nes kommunisme, en die wat nog op dit hoop en staat maak is blind…

Jaco ·

Biden en die Demokrate beskuldig Trump gedurig daarvan dat hy teen immigrasie is. So nou dat Biden definitief president gaan word, hoop ek dat hy Amerika se grense sommer WYD sal oopmaak sodat almal wat soontoe wil gaan, ek ook, sommer net daar kan instap sonder ‘n gesukkel

Hoekom ·

Demokrasie seevier nie as daar gecheat en bedrieg word nie. Iets wat demokrate en liberale baie goed doen. Nou het die liberale skape gekry wat hulle elitiese meesters wou gehad het. Hulle lang vingers wat amerika weereens verwurg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.