Talle gesteelde voertuie teruggekry; 11 vas

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Polisiebeamptes in Eshowe in KwaZulu-Natal het Donderdagaand 11 verdagtes in hegtenis geneem wat met sake van motorkaping en voertuigdiefstal verbind word.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Eshowe en Empangeni SAPD het saam met beamptes van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, speurdiens en K9-eenheid inligting opgevolg in verband met motorkapingsake wat in die Uthungulu-gebied aangemeld is.

“Tien verdagtes is in Eshowe in hegtenis geneem en drie gekaapte voertuie is teruggekry,” het Gwala gesê. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat van die voertuie aan die staat behoort en dat regeringsamptenare in Junie vanjaar slagoffers van motorkapings was. Dit sluit twee Toyota Hilux-bakkies en ʼn VW Polo in.”

Volgens Gwala het die beamptes daarna na ʼn huis in Kwasiqwanjana gegaan waar hulle op tien vermoedelik gesteelde voertuie afgekom het wat uitmekaargehaal is. ‘n 30-jarige verdagte is by die huis in hegtenis geneem. Daar is ook op twee 9 mm-pistole beslag gelê.

“Die 11 verdagtes, tussen 23 en 30 jaar oud, word verbind met talle motorkapingsake in Eshowe, Gingindlovu en die omliggende gebiede,” het Gwala gesê. “Hulle sal almal Maandag in die Eshowe-landdroshof verskyn op aanklagte van motorkaping, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, motordiefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pastoor ·

Eks bly die skelms word gevang. Dankie Liewe Heer dat skelms aangekeer word. Mooi polisie julle moet al die skelmsvastrek

KarooKlong ·

Hulle sal almal ook Maandag middag uit wees, terug op straat, besig met beplanning vir die volgende rofie.
Baie geluk en dankie aan al die eerlike, hardwerkende, lojale betrokke beamptes.

Cherokee ·

Somtyds word hulle gevang maar die polisie het ‘n probleem om hulle gevange te hou. Om van berigte oor ontsnappings te lees is besig om algemene nuus te word.

Irene ·

Hoop hulle word vasgemaak ander ontsnap hulle met inside job

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.