Talle gewilde SAUK-programme bly in die slag

Days of our Lives (Foto: Facebook via Days of our Lives)

(Foto: Days of Our Lives/Facebook)

Die SAUK het Maandag aangekondig dat talle gewilde Amerikaanse programme soos Days of our Lives en Survivor vanaf Julie op die openbare uitsaaier se kanale gestaak gaan word.

Dit volg nadat die SAUK vroeër vanjaar aangekondig het dat daar beoog word om ten minste 80% plaaslike inhoud op sy SABC1-, SABC2- en SABC3-kanale te beeldsaai.

Ander programme wat in die slag sal bly, is Minute to win it, The Amazing Race, Brooklyn Nine-Nine, The ExesThe OfficeWhitney en Numb3rs.

Days of our Lives word sedert 1996 op dié kanale gebeeldsaai en is tot dusver die internasionale produksie wat die langste deur die SAUK uitgesaai is.

Dié sepie, tesame met die werklikheidsreeks Survivor, is jare reeds onder die 20 gewildste programme op die kanale en het onderskeidelik meer as 700 000 (Survivor) en een miljoen kykers.

The Bold and the Beautiful, die sepie se mededinger, gaan egter steeds gebeeldsaai word.

Die SAUK beplan glo om die Afternoon Express en Expresso-programme met ʼn halfuur te verleng, en ʼn rits nuwe programme en werklikheidsreekse wat plaaslik vervaardig word bekend te stel.

Brooklyn Nine-Nine, The ExesThe OfficeWhitney en Numb3rs gaan na verwagting einde Junie gestaak word, terwyl kykers nog tot 4 Julie na Survivor en The Amazing Race kan kyk, en tot 20 Julie na Days of our Lives.

Geen heruitsendings van 7de Laan sal voortaan uitgesaai word nie, en die 12:00 tydgleuf vir klassieke aksiereekse gaan ook vanaf 4 Julie wegval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

elize stroebel ·

ai , moet ons nou nog tv lisensies betaal as dit al was wat ons na gekyk het….dink ek gaan my tv maar stukkend slaan…so jammer dat alles so moet eindig.

Leon ·

Ek lees onlangs dat dit feitlik onmoontlik is om jou TV lisensie te kanselleer en dat die vorm om dit te doen, nie meer beskikbaar is op die SAUK se webblad nie. Ek wonder hoe mens jou kan losmaak van die absurde organisasie?

pieter ·

ek gaan nou opleiding in swart tale gee,as julle sal belangstel,want dit is waarop die sabc mik.

Pops ·

Ek vermoed DSTV se intekenare gaan met miljoene groei van nou af!!!

Leon ·

Ongelukkig raak DSTV nou ook onbekostigbaar duur! Seker ook een van hulle truuks om ons te weerhou van enige inligting of tyd verdryf!

Dewald ·

Gelukkig is daar goedkoper alternatiewe as DSTV soos Netflix en dan is daar nog ene, ek kan ongelukkig net nie nou aan die diens se naam dink nie. So ver ek weet is elk van hulle se maandelikse kostes maar net R99.

Griet ·

Probeer eerder Netflix. Die opgradering van die ADSL datalyn en die maandelikse subskripsie is minder as die DSTV fooi. Lees die nuus op Internet of kyk nuus op die eNCA site. En die res kyk jy wanneer jy wil, vir so lank as jy wil. Alles is daar, reekse, films, dokumentêre programme, ens.

Theresa B ·

Verstaan julle nie wat julle besig is om te doen nie???!!! Duidelik nie!!!

Grap ·

Ek kan ongelukkig nie kla want ek is al vir jare ‘n roof kyker.

Cherokee ·

‘Ongelukkig’ roep jy dit?
Ek kan gelukkig ook nie kla nie want die enigste twee programme wat ek kyk is die 7nm nuus en dan daai advertensie van die blond wat bad om lekkerruik seep te adverteer.

Hendrik ·

Ek is in ‘n ere posisie dat ek nou vir 20 jaar nie ‘n TV lisensie betaal nie. Ek is nou ook in ‘n ere posisie dat ek vir 7 maande geen Eskom rekening het nie (nie gekoppel aan eskom). My e-tol rekening het ek nog nooit amptelik antvang deur geregistreerde pos, want ek het nie ‘n kontrak gesluit met SANRAL nie. Ek kan nog net nie van SARS af wegkom nie….Ek gaan vir my ‘n elektriese kar koop en dan dra ek nie by aan nog belastings nie :-)

Tinka ·

Dis hoekom wifi so gewild raak. Laai af wat jy wil kyk wanneer jy dit wil kyk. Sal nooit weer een sent vir tv lisensie betaal nie.

John ·

Die SABC is duidelik in die knyp, bankrot, soos die land. Dit kan nie meer die tantieme bekostig wat aan oorsese maatskappy betaal moet word vir musiek en programme nie. Die rand-US$, -€, -£ -wisselkoers is te kwaai vir ‘n geldhonger SABC & kie. ‘Going local’ beteken, ‘hi Zimbabwe.. e.. e’….

jacqie ·

ja nee was lank n roof kyker wees maar moes to TV lisensie beginne betaal. DSTV gaan dalk baie groei maar mense gaan dit later nie meer kan bekostig nie want dit word ook al hoe duurder om te kyk.

CL ·

Wie kyk nog SABC in elk geval. Lyk na 2-ledige plan hierdie:
1- bevorder die ANC/SAKP ten alle koste
2- verdoesel die feit dat SABC nie geld het vir internasionale programme nie.
Hlaudi loves it when a plan comes together.

Andrea van Vuren ·

Ai tog, kan cEtv nie maar Days of our Lives oorkoop nie. Sy kykerstal gaan geweldig styg. Ek is so verslaaf aan die sepie en beplan my dae rondom hom. ..

johann cb ·

Brei net asseblief uit op jou stelling Theresa B. Met al die programme wat gaan verdwyn, sal ons nie eers meer kan radio luister soos in die verlede nie. Die begrip “plaaslike inhoud ” is ook nêrens omskryf nie! So wie weet wat wag op ons? Lekker lê en lees aan jou gunsteling skrywers se boeke? TV gaan ‘n ornament word behalwe as jy DStv het.

elize stroebel ·

johan cb …weet jy dalk is dit dat ons terug gaan en familie mense word….dit gaan lekker wees…

broos ·

gelukkig kan ons nou ons series en movies download en in ons eie tyd kyk, soveel ons wil en wanneer ons wil. betaal eerder vir internet as wat ek tv lisensie of dstv betaal

magrette louw ·

ek gee nie om wat die sauk doen nie, dis lankal nie meer ‘n reputable instansie nie.
Ek wonder net waar hulle die geld vandaan wil kry om die plaaslike reeks wat vervaardig moet word te finansier nie, want die paar wat nou nog tv lisensie betaal het, sal nou seker ook maar in my voetspore volg.
Anyway, gaan so voort, ons met verstand gee nie om nie.

annalize ·

Dis baie onredelik, dis al wat nog kykbaar is op sabc!! Baie teleurgesteld! Love survivor en die engelse stories is darem iets om mens bietjie te laat lag!

Stephanie ·

Nou ja.. Ek is een van die mense wat seder ek my heel eerste TV (1978) gekoop het elke liewe jaar my lisensie betaal het en mense om my aangemoedig het om dit ook te doen.
Nou gaan baie van my programme verdwyn.
Ek kyk wel sommige van die sepies en programme in ander tale (lees onderskrifte), maar dit gaan som so vinnig dat ek nie altyd kan by bly nie.
DSTV kan ek beslis nie bekostig nie. Voel nou vir my asof die SABC my straf oor ek n gereelde betaler was.
Gelukkig is ek lief vir lees. Uhmm, solank die GROOT SKRIF is.

Nie belangrik ·

Doen net wat julle wil. Julle wat in posisies is om besluite te neem. Julle is besig met ons land se ondergang ook.

marianne ·

EK SAL NOOIT WEER MY TV LISENSIE BETAAL NIE!!!!!!
Numbers
CSI
NCIS
SURVIVOR of
AMAZING RACE
is al wat die moeite werd is on the kyk!
Ek sal van nou at maandeliks DVD’s koop – al koop ek hulle by die verkeerslig!!!

Kobus ·

Self ook. En het n brief aan ETV geskryf en gevra hoekom hulle nie hierdie programme kan oorneem nie. Dit was van die gewildste programme en sekerlik kan etv baie geld maak deur adverteerders om dit oor te neem buiten n groot toename in kykerstal. Reken mense moet almal nou skryf en hulle dit ook versoek. Laat die SABC maar dan net sink want die idee lyk my meer om swart programme in te bring en blankes verder te “straf”of te irriteer.

Riekie ·

Ek kan nie DSTV bekostig nie! Ek kyk 7de Laan en haar dit day dear op SABC 3 maak per dag nuus uitgesaai word! Ek het OUD geword saam met Days, Bold en Young and Restless. Nou word my ou friends weg gevat!
Smallville en ander Demon programme of Hekserye mag nie deur my Klein kinders gekyk word nie!!!
Haal daardie gemors af en los ons goeie verhale op! Amazing Race neem my op reis na waar ek nooit sal kan kom nie!
Die kinders en my dogter is Groot CSI, NCSI en Numbers fans! Hulle leef hulle in en wil almal Crime Investigators word.
Jammer maar my ou TV gaan afgesit word en die DVD machine gaan oortyd werk.

Gerhardt O ·

Die SAUK is maar net nog ‘n self-inploffende SAPO. Wat ‘n tragedie.

Arno ·

Jammer hulle haal ook nie Bold af nie… Tenminste gaan meer mans nou saans kos kry, want die kombuis gaan nie meer gesluit wees oor dit soapie kyk tyd is nie!!

Adele ·

Jy beter hoop jou vrou lees die nie anders kry jy nooit weer kos nie :-)

Maria van Dieweeck ·

Moes n beedigde verklaring afle by saps om te sweer ek het nie n tv nie en dit deur stuuraan hulle. want hulle wou my opskroef vir duisende rande! Nou kry ek smse wat my aanmoedig om my tv lisensie maandeliks te betaal? Ek het in 1998 ontslae geraak van tv! Wens ek kon SAUK/ANC Ctrl Alt Del!

Ruan ·

Hulle wil wat doen???????? My ma kry ‘n oorval!!!!!
Haal gemors soos :- Dr Phil – Steve Harvey – Super Nanny – The Real – WWE of WWF – Orion en al die Sci-Fi gemors wat in ons kele afgedruk word af!!!
Hou op on programme op verskillende kanale op verskillende tye te herhaal… Skeem Salam, Muvango ens word for en oor gewys! As jy jou program mis, vat ‘n disprin em kom daar oor!
Skep ‘n nuwe Foreign Country kanaal en wys ons – wat na Survivor, amazing race, bold and beautiful, CSI, NCIS, I shouldn’t be alive en meer wil kyk. Maak TV licenses dan self’s R100 per jaar meer maar gee ons ‘n keuse!!!!
Nou gaan ek ‘n massiewe DVD kontrak by Block Busters uitneem en by elke verkeerslig kyk wat nuut is!
Ek gaan nie my tv lisensie hernu as ek nie na hulle programme kyk nie!
Dankie San Maroela waar ek beter nuus kry!

Pendoring ·

Almal het goeie planne om SABC in sy maai te stuur met lisensies… Ongelukkig moet jy ‘n lisensie uitneem as jy ‘n toestel het wat TV kan ontvang. Dit sluit in TV, DSTV, Starsat, OVHD en selfs die TV kaarte wat jy in ‘n PC kan insit. Jou enigste “skoon” oplossing in vol internet en ‘n Netflix subskripsie.

Georgie ·

Maar hoe kanselleer mens daai vervlakste TV lisensie indien jy gladnie SABC kyk nie? (Ons kyk net DVD’s en Netflix) Betaal jy nie dreig hulle jou met prokureursbriewe en erger…

Joann ·

Die tv is al lankal net anderskleurig. Van nou af seker net die gedans en vroue kaal bo lyf. Sies.

Rynhardt ·

DIE WERKLIKE REDE HOEKOM DIE SABC DIE AMERIKAANSE PROGRAMME GAAN STAAK, IS SODAT HY SY HOOF MOTSOENENG SE R4000000P.J. KAN BETAAL! MOTSENENG HET DUIDELIK VIR JOU UITGESPEL DAT HY SENSUUR GAAN TOEPAS.DIT BETEKEN DAT JOU PLAASLIKE EN INTERNASIONALE GEBEURE GAAN NIE 100% AKKURAAT WEES NIE! n HEILIGE KRAAL VAN INLIGTING MOET GEBOU WORD OMSY GELIEFDE ZUMA EN ANC! SABC IS LANKAL DOOD MET SY GEMORS PROGRAMME WAT HY UITSAAI TERWYL GEHOORSAMES HOM ONDERSTEUN! MEER PLAASLIKE INHOUD GAAN VERSKYN, PROGRAMME WAT NIE IN AFRIKAANS GAAN WEES NIE!

Babs Brouwer ·

Ja, gladnie snaaks nie…korrupsie is mos die prioriteit! Geen sepie kan kom by die fantastiese “Days of our Lives” nie. Dis omtrent al wat ek op SABC kyk. Gaan alles nou van ons weggevat word? Is daar geen manier om te protessteer nie/ ‘n petisie van nie meer lisensies betaal nie? Moet ons maar net altyd alles aanvaar?

Pippie ·

OK dan kan SABC kykers seker maar proporsioneel TV lisensies betaal tot dit wat hulle sal kan kyk of hoe. Ja nee swear daar gaan die SABC ook die pad van Telkom, Eskom,SAL, etc etc etc. Foeter alles op waarvan vat

Ilse ·

Ag nee en ek love Day’s!!!!!! Die goed gin mens ook niks meer nie. In daai geval sit ek DSTV heeltemal af en hulle kan dan my TV ook maar kom haal want ek gaan nie na donkerte staar heel tyd op TV. My gat is baie baie suur!

Fiki ·

Geen tv liksens gratis krag en water… my sinkhuis ook gratis. Kom bly in die plakkers dis cheaper. En ek ry darm ‘n 2014 corsa.

elize ·

Die beste ding wat ek en my man ooit in ons 29jaar saam gedoen het.was om ons dstv te laat afsit.tv en dekodeerder weg tegee. Nou het ons al vir 8 jaar meer tyd vir mekaar. Ons sit ure en gesels.waar ons vroeer daai ure aan n tv spandeerhet.waarvan jy die programme oor en oor moes kyk. Nee dankie ek mis nie eens n tv nie. You tube is goedkoper en ek kan kyk wat ek wil.

Baerbel van Niekerk ·

Kan Days of our lives nie deur MNet uitgesaai word? Dit is so n interresante sepie!

Uiters ontevrede ·

Stem saam, kan e.tv nie Survivor en Amazing Race kontrakteer nie. Het nog nooit voorheen enige episode gemis nie en e.tv gaan beslis ‘n geweldige groei in kykersgetalle kry. En ja, almal kan nie DStv bekostig nie!!!!! So, HELP ons GROOT asseblief e.tv?????

Keelvol ·

Maak mens siek die hele SABC spul met hulle simpele veranderings en weglatings vanaf 4 Julie.
e.tv help GROOT asseblief deur Survivor en Amazing Race ens. uit te saai. Julle kykersgetalle kan geweldig vermeerder!!!
HELP groot asseblief ons kan nie almal DStv bekostig nie en is wel ‘n getroue TV lisensie betaler.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.