Talle hondehelde help ook soek

Daar was die afgelope paar dae verskeie helde op George, ook dié op vier pote. Hier is Meduso, een van die honde wat help soek, saam met haar hanteerder, Rehdaa Mohammed. (Foto: Eugene Gunning/Maroela Media)

Deur Eugene Gunning

Ontmoet vir Meduso. Sy is net een van die onbesonge helde wat ingespring het om te help nadat ʼn gebou op George in die Wes-Kaap vandeesweek ineengestort en die lewe van minstens agt mense geëis het.

Verskeie spanne – en talle soek-en-reddingshonde – het die afgelope paar dae sonder ophou gewerk om menselewens te help red.

Meduso is maar een van hulle.

Sy en haar hanteerder, Rehdaa Mohammed van Gift of the Givers in Kaapstad, het Maandagaand ʼn paar uur ná die ineenstorting reeds op George aangekom. Hulle het blitsig, in samewerking met die polisie, met die soektog na oorlewendes begin help.

Aanvanklik het die polisie ʼn bepaalde gebied gefynkam. Dit is beveilig en skoongemaak en hier is tekens van lewe gevind. Mohammed en Meduso het bly soek en uiteindelik op twee slagoffers, steeds lewend, afgekom.

WhatsApp Video 2024-05-08 at 15.34.30

There was a celebration following the discovery by Gift of the Givers K9 ????‍???? teams of three survivors, who were subsequently rescued and extracted by Disaster Management teams in George, Western Cape.To date, 6 people are confirmed dead after a building collapsed earlier this week.Gift of the Givers teams remain on-site.To contribute towards our interventions visit:???? : http://www.giftofthegivers.org/make-a-difference???? : 0800 786 911#GiftoftheGivers #MakeADifference #ForTheGreaterGood #DisasterResponse #SA #SouthAfrica

Posted by Gift of the Givers on Wednesday, May 8, 2024

Meduso het gaan lệ waar een van die oorlewendes onder die puin vasgekeer was.

Mohammed verduidelik die proses is soortgelyk aan dié wat gevolg word in die soektog na oorlewendes ná byvoorbeeld ʼn aardbewing.

Die twee was al telkens in die buiteland waar hulle aan soortgelyke soektogte deel gehad het.

Ondanks die moeilike omstandighede, is hy besonder trots op Meduso se prestasies, sê Mohammed.

Die laaste lewende slagoffers is Woensdag vroegaand uit die puin gehaal. Die 72-uur-merk, waarna die kans op oorlewing aansienlik begin daal, is Donderdagmiddag verbygesteek. Die soektog na 44 werkers (uit die 81 wat tydens die voorval op die perseel was) duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

trotsNAMSA ·

My hart loop oor.
Dankie K9 MEDUSO en hanteerder MOHAMMED.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.