Tientalle boodskappe van medelye en talle huldeblyke het ingestroom ná die dood van Peet du Preez, ʼn bekende Pretoriase sakeman en eienaar van Leriba Hotel in Centurion.
Du Preez, wat glo reeds geruime tyd met swak gesondheid sukkel, is Donderdag dood nadat hy die afgelope ruk in ʼn Pretoriase hospitaal behandel is.
Val Boje, voorsitter van die Nasionale Persklub, het Du Preez beskryf as ʼn “wonderlike man, pret om in die omtrek te hê en altyd met ʼn nuwe onderneming vir die hotel en sy gemeenskap”.
Die hotel was ʼn gesogte venue vir persklubgesellighede en mediakonferensies en Boje het Du Preez bestempel as ʼn lang en vrygewige vriend van die klub.
“Dit was hartseer toe ons hoor hy sit die hotel in die mark; ʼn slagoffer van die uitwerking van die Covid-19-pandemie op die toerismebedryf, asook sy eie verslegtende gesondheid. Ons gedagtes is by sy kinders en familie en sy groot groep vriende in hierdie moeilike tyd.”
Du Preez was jare gelede ook lid van die Pretoriase stadsraad.
“Iemand wat nie net vir homself geleef het nie, maar vir ander en vir sy omgewing. As jy in sy geselskap was, het jy goed gevoel. ʼn Bron van inspirasie. Jy gaan deur baie gemis word,” het Barend la Grange op Facebook geskryf.
Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het Du Preez as ʼn “besondere” mens bestempel.
“Jou deure by Leriba Hotel het wawyd oopgestaan vir almal wat daar vir ʼn paar uur van hul sorge wou vergeet. Jou kreatiwiteit en sakesin was vir ons almal ʼn inspirasie. Die tye saam met jou en op Leriba se terrein sal ons altyd bybly. Ons harte gaan uit na jou geliefdes.”
Jammer om te hoor was een van my kliente gewees
Dankie vir jou bydrae tot samelewing Peet. My innige simpatie aan familie
Innigie meegevoel en simpatie